Dr Francois Swart oorhandig ‘n Bybel aan ds Jannie Booysen   Op Sondagoggend 15 September was ds Jannie Booysen, pastorale bedienaar van Arbeidsbediening (http://imsacape.christians.co.za/) en Lene November, sekretaresse van Carin Brink, bestuurder van Arbeidsbediening Kaapstreek, op uitnodiging by die NGK Bellville-Uitsig se erediens teenwoordig. Dit het aan die gemeente die geleentheid gebied om geld waarvoor […]

#TraumaticIncidentReduction(TIR): Ons woon in ‘n land met van die hoogste misdaadsyfers ter wêreld en in Suid-Afrika is Kaapstad een van die stede wat die swaarste daardeur getref word. Arbeidsbediening het in die lig hiervan onlangs vier persone laat oplei in Traumatic Incident Reduction (TIR) om hul gemeenskappe hierin by te staan: 4 in George en […]

Biblia Hawesending Kaapstreek se jongste nuusbrief het so pas verskyn. Lees hul aangrypende getuienisstories van gemeenskapsbetrokkenheid, omgee vir die individu in die werksplek, hulp en opleiding met persoonlikheidsontwikkeling en nog vele meer. Te lees HIER

KALKBAAI: Dis wonderlik as gemeentes ons Biblia-werkers wat die vissers en hul gemeenskappe bedien, uitnooi om meer van hul inspirerende werk te kom vertel. Die NGK Riversdal het tydens die Week van Gebed vir Marvin en Veronika Petersen genooi om vir die gemeente meer van hul werk te kom vertel. Wat ‘n groot vreugde om […]

As jy net één geleentheid het om mense van die Here te vertel, omdat hulle meestal net vir een dag in hul lewe met jou gaan kennis maak,  wonder jy dikwels wat nou van hierdie mense gaan word. Maar die Here het vir Gert Tredoux van Biblia Hawesending Saldanhabaai op een dag twee keer bevestig […]

GEORGE: Ds Floors Meyer laat weet: “Die eerste groep van 12 middelvlakbestuurders van Bethesda in George het gister (Donderdag) ook hulle sertifikate ontvang nadat hulle die Bright Star-program suksesvol voltooi het. “Dis gewoon amazing! Tydens die geleentheid gistermiddag was daar diep emosies toe sommige lede getuig het van die emosionele en geestelike transformasie wat hulle […]