Lisa en Fourie Truter van Straatwerk by van die gebreide poppies wat aan skoolkinders uitgedeel word om hulle te laat besef hoe kosbaar hulle vir Jesus is.

GEMEENTES! Hier is ‘n gulde geleentheid om ‘n Poppiebrei Projek te begin (dit word aan skoolkinders uitgedeel om hulle te laat besef hoe waardevol hulle vir Jesus is), of om ‘n groep op ‘n Vrydagaand vir ‘n uitreik na STRAATWERK in Kaapstad se middestad te stuur. (Baie gemeentes neem hul jongmense op so ‘n uitstappie.)

STRAATWERK, “The Body of Christ in Action”, lewer ‘n onontbeerlike medemenslike diens in die Kaapse Skiereiland. Hulle fokus veral op die rehabilitasie van mense vasgevang in prostitusie, dwelms, ens. en skep ook werk aan haweloses.

Kyk ook gerus na Kwêla se heruitsendings wat Sondag (28 Januarie) om 18:00 (TV-kanaal 144) vertel het van Lisa , vrou van Fourie Truter (bestuurder van STRAATWERK) se werk op die Kaapse Vlakte.

Lees meer by http://straatwerk.org.za/.

Foto: Lisa en Fourie by van die gebreide poppies wat uitgedeel word aan skoolkinders om aan hulle te verduidelik hoe kosbaar hulle vir Jesus is.