KALKBAAI: Dis wonderlik as gemeentes ons Biblia-werkers wat die vissers en hul gemeenskappe bedien, uitnooi om meer van hul inspirerende werk te kom vertel.

Die NGK Riversdal het tydens die Week van Gebed vir Marvin en Veronika Petersen genooi om vir die gemeente meer van hul werk te kom vertel. Wat ‘n groot vreugde om te hoor hoe hierdie jong paartjie met hul Christus-liefde in Kalkbaai mense se lewens help verander en betekenis gee.

Foto: Veronika, kleine Rubina, ds Beyers en Marvin Petersen.

Kontak Carin Brink by cbrink@kaapkerk.co.za vir inligting.