Die RUVUMA Noord-Mosambiek Ondersteuningsvennootskap is ‘n vennootskap van gemeentes en Christene wat kragte saamspan om die kerk en gelowiges in Noordoos-Mosambiek te ondersteun.

Hierdie groep het die afgelope naweek hul Algemene Jaarvergadering in die vorm van ‘n konferensie in Malmesbury gehou, met die tema “Moet ons nog vertel?”. Tydens hierdie konferensie is daar na oa Grant en Riana Franke (geletterdheidsprogram en radio), Andries en Sunette Swartz (Radio Nuru), Andre en Anna-Marie Thiart (Quionga: M*slembediening), Johan en Enna Dames (Namau: M*slembediening) en Danie Murray (Handevat Bediening) se getuienisse en uitdagings geluister.

Die gassprekers was Hannes de Villiers en Jurgens Hendriks wat beide baie interessante bydraes gelewer het ten opsigte van die opdrag om Christus se Lig vir die wêreld te wees.

Lede van die groep het Sondagoggend die erediens van die NG Kerk Malmesbury-Noord bygewoon waartydens Johan Dames meer van hul bediening in Namau en Shogo vertel het.

Lees meer oor Ruvuma by https://www.ruvuma.org/

Kontak Kobus Odendaal by missio@kaapkerk.co.za vir meer inligting.