Elke jaar veroorsaak die mensdom wêreldwyd 2.12 biljoen ton se vaste afval. (Een ton is ongeveer 1 016 kg). As ons al hierdie afval op vragmotors, buffer teen buffer sou laai, sou dit 24 keer om die aarde strek. Dit is ongeveer 306 144 km ver – 218 keer vanaf Kaapstad tot in Johannesburg met die N1.

Deel van die rede waarom ons so baie afval veroorsaak, is omdat 99% van al die dinge wat ons koop binne 6 maande weggegooi word. Ons kan nie bybly met die verwerking van al die afval nie. Vreeslik baie hiervan beland in ons riviere en in die see. En dáár veroorsaak dit groot probleme vir die omgewing. Die mens gebruik byvoorbeeld 500 miljoen plastiekstrooitjies elke dag. Dit hou groot gevaar in vir die lewe van diere in riviere en die see; hulle sien dit aan vir kos. En wanneer ons diere eet wat plastiek geëet het, kry ons ook die toksiene van die plastiek in. Een só ‘n strooitjie het in ‘n seeskilpad se neus beland. Wees gewaarsku; dis ontstellend, maar met ‘n goeie einde: http://bit.ly/2xRZMkJ

Wat kan ons doen?

  • Koop minder goed. Spandeer minder tyd in winkels en meer tyd in die natuur.
  • Gooi minder goed weg. Hergebruik alles wat jy kan.
  • Hou op om plastiekstrooitjies te gebruik.

 

Kontak

David Botha (Projekspan Ekologie)
dpbotha2@gmail.com