Ds Christo Wooding by een van die baie kinders wat hy tydens Paasfees gedoop het.

Christo en Delesté Wooding van die VGK Kokstad laat weet in hul jongste nuusbrief: “Pasika (Paasfees) 2018 was `n baie geseënde en vredevolle  tyd in al die gemeentes  van ons ring. Uit die gemeentes is berig van buitegewoon goeie bywoning en nuwe bekeerlinge, oud en jonk. Ons ervaar tog iets  van dit wat Lukas in Handelinge 6:7 oor skryf: ‘Die Woord van God het verder versprei, en die getal gelowiges in Jerusalem het geweldig toegeneem’. ” Lees die volledige nuusbrief HIER