Marina Prins

MEMBER CARE SOUTHERN AFRICA “… is a missions support organisation, involved in the care of missionaries.” So verduidelik hul webwerf by http://www.memcare.co.za/.

Marina Prins is die bestuurder van Member Care Southern Africa , World Outreach (https://world-outreach.com/) se Member Care-koördineerder vir Afrika en Member Care-koördineerder vir die Movement for African National Initiatives (http://maniafrica.com/).

Hier in Suid-Afrika het hulle reeds ‘n sendelingsversorgingsnetwerk begin wat gereeld in Wellington byeenkom. Tydens hierdie byeenkomste fokus hulle eerstens op die praktiese: om die sendelinge te laat rus en hulle weer die energie te help gee wat hulle nodig het vir hul werk as hulle teruggaan, of wat nodig is vir sendelinge wat permanent terugkeer vir die aanpassing terug in Suid-Afrika.

Hiervoor het die netwerk ‘n dringende behoefte aan mense wat hul gaste- of vakansiehuise vir ‘n paar dae aan hierdie sendelinge kan beskikbaar stel, asook ’n behoefte aan mediese dienste, ens.

Tweedens is die doel van hierdie byeenkomste om die sendelinge geestelik en emosioneel te ondersteun. Hierin kan gemeentes van groot hulp en waarde wees; kyk gerus of julle dalk hier kan help.

Die goeie nuus is dat Marina beplan om haar MA-graad in Member Care wat sy onlangs deur Redcliffe College in samewerking met die University of Gloucestershire, Engeland verwerf het, as verkorte weergawe in ‘n boek te publiseer. Sy beplan ook om dit later as werkswinkelmateriaal te ontwikkel.

Marina sal in September die Global Member Care Network Konferensie in Quito in Ecuador bywoon.

 

Kontak Marina by membercaremc@gmail.com vir meer inligting.