Dr Joseph Sempa van Uganda ontvang sy PhD. Sy vrou, Doreen, en dogter, Michaela, het van Kampala gekom vir die geleentheid. Joseph is deel van die leierskorps van Stellenbosch International Fellowship.

“Many international students come from restricted countries where missionaries cannot go. Because they have left families behind, they are open to new friendships and the gospel,” vertel een van die internasionale studente op Stellenbosch.

Ds Jurie Goosen van die Internasionale Studente Bediening verduidelik: “Tradisioneel het die kerk aan getuienis gedink net as om sendelinge na ander lande te stuur, maar God bring nou die nasies van Afrika en ander vastelande na ons Stellenbosch-kampus deur internasionale studente.”

Die Universiteit Stellenbosch het meer as 4 200 internasionale studente van 110 lande, hoofsaaklik nagraads. Baie internasionale studente is die room van hul lande en toekomstige leiers; dis dus strategies om hulle te bereik met die evangelie.

ʼn Chinese wetenskaplike skryf oor sy ervaring van gelowiges op Stellenbosch: “It was because of you and through your love that I got to know Jesus and the truth of the Bible. Finally I accepted Him as my Saviour. My wife and son did too.”

“Daar is groot begrip vir ons buitelandse studente se behoefte aan ‘om te behoort’. Om hulle hiermee te help, ondersteun die Internasionale Studente Bediening hulle deur ʼn Engelstalige erediens (Stellenbosch International Fellowship) Sondagoggende aan te bied by die Khaya om 11:00, ʼn ondersteuningsgroep vir vroue, Bybelstudies en kampe,” verduidelik Jurie.

Jurie en Magdaleen Goosen en medewerkers is verantwoordelik vir die bediening. Dis ʼn geloofaksie en al die voltydse werkers is vir hul lewensonderhoud en bedieningsuitgawes afhanklik van vrywillige bydraes – oorweeg asseblief om as voorbidder en donateur betrokke te raak.

Kontak Jurie Goosen by goosens@isales.co.za vir meer inligting of bydraes.