Sikloon Idai het groot verwoesting gesaai in die sentrale dele van Mosambiek rondom Beira en wes- en noordwaarts in Zimbabwe en Suid-Malawi.

Van Malawi laat weet die Algemene Sekretaris van ons susterskerk daar, die CCAP Nkhoma Sinode, ds Vasco Kacipapa: “The cyclone has greatly affected the southern region. Over 60 people dead and thousands of people are homeless and their crops have been swept away leaving them without hope. Now there is a breakout of many different water diseases. The greatest need is food, clothing, kitchen utensils and medicine. Our churches, especially in the city of Lilongwe, are contributing relief aide materials that we will distribute through our sister Synod, Blantyre. Any help you may have will be appreciated.”

Ook in die oostelike deel van Zimbabwe is groot vloedskade gely. Ons susterkerk, die RCZ, het reeds noodvoorraad uit Masvingo soontoe gestuur.

Soos inligting deurkom, word ons oorweldig deur die skade en nood wat veroorsaak is. Groot dele is nog steeds onder water en duisende huise is vernietig. Suid van Beira het ‘n groot meer op die vloedvlakte ontstaan met tientalle eilande waarop mense vasgevang is en ‘n stryd om oorlewing voer. Honderdduisende is sonder heenkome en ‘n groot behoefte aan kos het ontstaan.

Ons susterkerk in Mosambiek, die IRM (Igreja Reformada em Moçambique), het agt gemeentes wat direk deur die ramp geraak is. Die IRM het reeds aksie begin neem om die gemeentes wat direk geraak is by te staan, en hulle as afsetpunte te gebruik om na die gemeenskap uit te reik. Behalwe om mense van hulle mees basiese behoeftes te voorsien, is dit ook nodig om mense pastoraal by te staan om die reuse-verlies te verwerk.

Die IRM-leierskap van Maputo het op 19 Maart 2019 die volgende besluit:
1. ’n Komitee van 6 pastore is aangestel om hulp te koördineer. (Ds Llewellyn Oliver van die Maputo Gemeente is deel hiervan.)
2. ’n Opvolgvergadering is op Vrydag 22 Maart in Macia gehou om ander ringe van die IRM Sinode in te lig.
3. Twee pastore van die IRM het vanaf Maputo die rampgebied besoek om eerstehands die nood in die gemeentes te bepaal en te kyk hoe daar gehelp kan word. Hulle gaan ook terugvoer gee aan die ondersteuningsvennootskap van gemeentes in die noordelike sinodes van die NG Kerk. Dit is duidelik dat daar 8 gemeentes van die IRM rondom Beira baie erg deur die ramp getref is. Hulle sal vir ‘n aansienlike tyd bygestaan moet word om weer op hul voete te kom.
4. ’n Noodfonds is in Mosambiek gestig met ‘n paralelle Suid-Afrikaanse bankrekening:

BANKBESONDERHEDE
Bank: Standard Bank
Tak: RIVERSIDE MALL
Takkode: 051 001
Rekeninghouer: IGREJA REFORMADA EM MOCAMBIQUE
Rekeningnommer: 032 891 776

5. Elke plaaslike IRM-gemeente in Mosambiek is gevra om 5 000 meticais (R1 500) tot hierdie fonds by te dra om in die onmiddellike nood te help.
6. Vennote en organisasies daar plaaslik sal gesoek word om mee saam te werk.

Ons vra vir gemeentes in Suid Afrika die volgende:
1. Bid vir die 8 gemeentes in Sentraal-Mosambiek wat swaar getref is en in hierdie tyd steeds die Goeie Nuus van die evangelie moet dra. Bid vir elke slagoffer wat deur hierdie trauma geraak is. Ook vir die lang pad van heropbou.
2. Doen ‘n beroep op gemeentelede om tot die Noodfonds van die IRM by te dra.

Sien ook die artikel in die Kerkbode by http://www.christians.co.za/idai-se-nadraai-kerk-se-groot-werk-le-voor/. Die foto’s wys die kerk op Beira voor en na die sikloon.

Die naam van die hulpverlening:  IRM Project Nova Vida  (nuwe lewe)

https://www.dropbox.com/sh/c2u7kpudza1exwc/AAAz3ownHm7HLM8F93tbpghWa?dl=0

Hier is ook belangrike Facebook bladsye/Internet om te volg:

https://www.facebook.com/groups/1880645248867629/

https://www.facebook.com/mozreleifcoalition/

https://idairelief.com/

 

Kontak Kobus Odendaal by missio@kaapkerk.co.za vir meer inligting.