Oud-gevangene van POLLSMOOR, Jonathan Clayton, is ‘n merkwaardige man wat besluit het om, nadat sy vonnis uitgedien was, die Hope Prison Ministry met die ondersteuning van sy vrou, Jenny, te begin.

Hier vertel hy hoe die geestelike bediening van gevangenes, waarvan hy een was, sy hele lewe verander het.

As gevolg van die sukses in sy bediening in gevangenisse, dien hy die afgelope drie jaar as een van die adviseurs op die Nasionale Raad van Gevangenisse se paneel. In hierdie hoedanigheid ondersteun hulle ons Minister van Justisie en Korrektiewe dienste, mnr Michael Masuta.

Getuienisaksie ondersteun die Hope Prison Ministry-bediening wat oor die jare al ‘n geweldige positiewe impak op die lewens van gevangenes wat hul lewens wou verander, gemaak het.

Ons vertel volgende week meer van Jonathan.

Kontak hom by jonathan@hopepm.org vir meer inligting.