Ons vier God se groot gawe van nuwe lewe in Christus.  Dit maak ons oë oop vir die aarde en alle lewe daarop as kosbare gawe en skepping van God.  Ons kan nie toekyk hoe dit vernietig word nie.  Sonder die aarde, vars lug, die diere en plante is daar nie lewe vir ons oor nie.

Met Kersfees vier ons die Lewe!  Hoe gemaak?

  1. Geniet die natuur. Stap met jou gesin in die veld en in die berge en let op die plante en insekte.  Maak mense rondom jou bewus van besoedeling, vermorsing en die oorbenutting van bronne.
  2. Vier fees, maar doen dit lig, spaarsamig, eenvoudig, weet bronne is kosbare gawes, wees dankbaar vir die natuurlike dinge van vars lug en water.
  3. Weier om ligte enkelgebruik-plastieksakke te ontvang en te gebruik.  Gebruik jou eie dra-sakke van lap of permanente materiaal.  Maak en gee inkopie-sakke as geskenke.  Vermy onnodige plastiekverpakking, vat jou eie houers om kos te koop.
  4. Maak saam met vriende ‘n terrein of ‘n stuk kusstrook skoon of neem deel aan verbetering-van-omgewing-veldtogte in jou gemeenskap.

Eko-vriendelike geskenke:

Idees om geskenke eko-vriendelik toe te draai:

Stuur asseblief vir ons nog enige voorstelle oor ‘n groener Kersfees aan Kobus by missio@kaapkerk.co.za of aan VrydagNuus by kommunikasie@kaapkerk.co.za.  Ons sal dit graag in die laaste VrydagNuus van die jaar met almal wil deel.