‘n Paar weke gelede het ‘n groot aantal seevoëls (trekduikers, of in Engels cape cormorants) op Robbeneiland hulle neste met kuikens verlaat, moontlik weens ‘n tekort aan voedsel. SANCCOB (https://sanccob.co.za/), ‘n nie-winsgewende organisasie wat ten doel het om seevoëls te beskerm, het hierdie kuikens gered en nou moet hulle gevoer en gerehabiliteer word totdat hulle groot genoeg is om op hul eie te kan funksioneer.

SANCCOB is dringend op soek na vrywilligers om te help kos voorberei vir die voëls en te help om die plek skoon te maak. Hulle is in Tableview geleë. Ons het die volgende inligting ontvang oor watter tipe take jy sal verrig sou jy aanmeld as vrywilliger:

We are urgently looking for volunteers to help on site in the following areas of our centre:

  • Food Prep: You will be preparing fish and formula for all the rehab patients. Washing dishes and disinfecting the surfaces.
  • Laundry: Washing and drying towels. Disinfecting surfaces and cleaning of common areas in centre.
  • Cleaning Station: Working with the high pressure hose to clean and disinfect the mats and crates.

Due to the nature of the crisis, you will not be working with the birds at this time. Only more committed volunteers will be training in the bird areas.

Hulle soek mense wat in skofte kan werk (07:00-13:00 of 13:00-18:00). Selfs al kan jy slegs een dag per week help, sal dit al ’n verskil maak. As jy dalk in hierdie tye kan help of dalk familie in Kaapstad het wat tyd het om te help, kontak hulle vrywilligerskoördineerder per Whatsapp by 076 682 5130.

Let wel: Jy moet 18 jaar of ouer wees en uiteraard relatief gesond en beweeglik wees.

Hierdie is ‘n unieke geleentheid om betrokke te raak by een van die grootste reddingspogings van seevoëls in die onlangse geskiedenis.