Gutu Hospitaal

Gutu is ‘n dorp wat naby Masvingo in die suide van Zimbabwe geleë is. In 1892 is daar ‘n hospitaal deur Duitse sendelinge gebou. Die hospitaal is intussen deur die RCZ (Reformed Church of Zimbabwe) oorgeneem met wie die GZB (Gereformeerde Zendingbond) al jare lank saamwerk. Die hospitaal is ‘n 165 bed-distrikshospitaal en bestaan uit algemene afdelings, ’n kinderafdeling en ’n kraamsaal. Daar is ‘n laboratorium en ook ‘n teater waar operasies uitgevoer kan word. Die hospitaal versorg, in samewerking met 22 klinieke, die gesondheid van ongeveer 200 000 mense. Gutu Hospitaal reik aktief uit na 11 van hierdie klinieke. Daar is twee dokters, naamlik dr. Mandizvidza (Mediese Superintendent – sedert November 2011) en dr. Zihove (sedert Maart 2013). Getuienisaksie dra by tot die dokters se salarisse.

Impak op Gemeenskap

Ons bedien ’n groot plattelandse area van Oos-Masjonaland. Daar is ook ’n verpleegstersopleidingskollege by die hospitaal. Vanuit die Zimbabwe Noodfonds word die hospitaal van tyd tot tyd gehelp om dienste in stand te hou.

Die hospitaal lewer diens aan die gemeenskap tov:

  • Buitepasiënte
  • Swanger pasiënte
  • Pediatrie
  • TB ART
  • X-strale
  • Laboratoriumdienste (CD4, FBC)
  • Berading

Kontak

Ds. C. Juro
0026 7725 70867
actuary@rcz.org.zw