Die CCAP Harare Sinode

Die Moderatuur van CCAP Harare met Kobus Odendaal (agter) en besoekers van CCAP Livingstonia, Mzuzu. Vlnr voor: Moderator ds P Chirongo, General Secretary ds L Boloma, Vice General Sectretary ds K Chipata. Agter oudl M Bonomali, Vice Moderator ds A Malemelo, Kobus Odendaal, aktuarius ds T Sefa en besoeker van CCAP Livingtonia ds M Harawa.

Die ander kerk wat in Zimbabwe gebore is uit vroeë sendingwerk, is die CCAP (Church of Central Africa Presbyterian). In 1905 het ’n afvaardiging Malawiërs wat as trekarbeiders in die destydse Rhodesië gewerk het, op Mvera-sendingstasie in Malawi vir ’n leraar van hulle eie kerk gaan vra. In 1912 het ds. TCB Vlok vanuit Malawi die eerste sendeling onder die sowat 5 000 trekarbeiders in Rhodesië geword.

Salisbury, vandag Harare, het in 1956 ’n ring van Malawi se CCAP Nkoma-sinode geword en in 1965 het dit die Salisbury-sinode van die CCAP geword. Alhoewel daar sedert 1995 nie meer sendelinge uit Suid-Afrika by dié sinode betrokke is nie, ondersteun die NG Kerk-familie nog steeds die CCAP se werk deur middel van die Getuienisaksie.

Kontak

Kobus Odendaal
021 957 7179
missio@kaapkerk.co.za