Seisoen van skepping / Together4Creation

Gebruik gerus hierdie Seisoen van Skepping-materiaal

  • “Waarom moet ons tog so baie geld spandeer om renosters en skoenlappers wat kan uitsterf te bewaar?” Die antwoord wat jy dikwels op hierdie vraag kry, is as volg: “Omdat jy andersins die renoster of skoenlapper oor 20 jaar net in dieretuine sal vind en nie meer lekker in die veld na hulle kan kyk nie. Hulle is ons erfenis.” Wel, daar is baie spesies wat steeds in Suid-Afrika bestaan wat ek persoonlik nog nooit in die veld gesien het nie en waarskynlik ook nooit sal sien nie. Net soos die meeste mense in Suid-Afrika ook nie hulle sal sien nie. Erfenis gaan oor baie meer as net wat ons kan sien of wat ons weet ons nog het. Die bewaring van spesies lê op ’n heel ander vlak as net om te kan sê ons het nog hierdie of daardie soort en my kinders gaan eendag nog na hulle kan kyk. Lees meer HIER.

 

  • Ons begin vier die Seisoen van Skepping. Dis alweer sulke tyd …Tyd om stil te raak oor die wonderlike skepping waarvan ons deel is. Kom vier saam met ons die Seisoen van Skepping vanaf 1 September tot 4 Oktober en staan opnuut in verwondering oor die Here se wonderwerke in die natuur. Kyk gerus na ons video daaroor HIER. Hopenlik inspireer dit jou om ook aan te sluit by dié wêreldwye inisiatief om ons aarde met nuwe ywer te waardeer en te help beskerm.

 

  • Internasionale Strand Skoonmaakdag – 16 September 2023. Desember lê om die draai en jy begin dalk al uitsien na lang ente se stap met geliefdes en vriende langs ons pragtige strande. Dis egter dikwels ontstellend om te sien hoeveel besoedeling ons kus ontsier, maar daar kan iets daaraan gedoen word. Dewald Hoffman van ons Groenspan vertel hoe jy tydens die Internasionale Strand Skoonmaakdag op 16 September jou deel vir ons mooi aarde kan doen. Kry ‘n groep entoesiatiese vriende bymekaar en raak deel van dié wonderlike inisiatief. Elke bietjie help. Kyk na die video HIER.

 

  • Dewald Hoffmann van Gordensbaai deel hierdie week opwindende nuus oor die jaarlikse Seisoen van die Skepping wat op 1 September begin. Die Groen Span deel graag ‘n aanvullende liturgiese hulpbron vir preke in hierdie tyd, sowel as nuus oor die ekumeniese Together4Creation-projek en die Hoop en Versoening Trust se Groei-projek: https://youtu.be/L70i3A0PhwI

 

  • Dewald Hoffmann vertel meer oor die lekker #Together4Creation-projek wat mense aanmoedig om mooi kuns te maak van dinge wat jy normaalweg sou weggooi. Hy wys hoe maklik dit byvoorbeeld is om ‘n mooi potplanthouer uit herwonne plastiek te maak. Plaas #Together4Creation en #season4creation daarby. Dis ook deel van ‘n kompetisie – pos jou kunswerk op sosiale media en wen lekker pryse – #repurpose! Vind meer uit: https://bit.ly/3mqNTeR

 

  • Natuurliefhebbers en Mede-aardbewoners! Ons Groen Span is deel van ‘n ekumeniese projek, #together4creation en wil ‘n kompetisie loods voordat die skole weer open. Kry daardie kreatiewe brein van julle in rat en neem deel aan hierdie lekker eko-kompetisie. Herbruik of herbenut iets wat jy sou weggooi in iets nuuts, neem ‘n mooi foto van jou skepping(s) en pos dit op jou Facebook, instagram of twitter en merk dit met #together4creation of #repurpose. Ons sien uit na wat julle gaan skep. Pryse te wen is boeke wat jou leer van tuinmaak, groentesade, ens. Laat waai! Kyk na Dewald Hoffmann se video hieroor by https://bit.ly/3iOkZ6S

 

  • Lentedag het aangebreek en ons begin ons eerste week van September met hoopvolle energie! September word jaarliks as ’n Seisoen van die Skepping op die kerkkalender herdenk. Die Seisoen van Skepping is ’n ou tradisie en sentreer hierdie jaar rondom die aarde as woning (Oikos) vir die hele skepping. Hul webtuiste (https://seasonofcreation.org) is propvol hulpbronne wat op ’n praktiese manier predikante, gemeentes en individue help om in te skakel by verrigtinge. Die Groenspan wil ook graag almal uitdaag om betrokke te raak! Ons herinner julle graag aan die Woord en Fees wat ook ’n hele segment bevat wat toegewyd is aan die Seisoen van die Skepping en saam met die leesroostertekste gebruik kan word. Mag ons hierdie maand dieper bewus word van God se skepping en ons verantwoordelikheid daarteenoor met erns nakom. Kyk gerus na die video: https://youtu.be/h9YPN84q3S8

 

  • Gebruik gerus hierdie materiaal wat ontwikkel is vir 2020