Msinga Vennootskap

Verslae

2023
2021

2020
2019
2018
2017

 

 

Die Msinga Vennootskap is ‘n bediening van die Msinga-Gemeente (Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika) en die Sinode van Wes-Kaap (Nederduitse Gereformeerde Kerk). Getuienisaksie neem verantwoordelikheid vir:
1. Skakeling en samewerking met die NG Kerkfamilie, vennootskapvorming tussen gemeentes en selfstandigheidsontwikkeling van gemeentes in bedieningsgebiede;
2. Besoeke aan bedieningsgebiede en die vennootskapsbyeenkomste;
3. Finansiële ondersteuning vir die vergoeding van werkkragte en evangelisasie aksies.

Vennootskapsontwikkeling is een van die kernfokusse van Getuienisaksie, en daarvoor is vir ’n bepaalde tyd ook begroot.

Visie:

Saam, in eenheid en vertroue, uit eerbied vir en tot eer van God, help om die Koninkryk van God te bou deur Woord en daad en gebed, in en van Msinga. In hierdie visie is daar geen plek vir afhanklikheid en onafhanklikheid nie. Ons kies vir interafhanklikheid. Hierdie interafhanklikheid word uitgespel:

  • Respek vir mekaar
  • Albei het inspraak in die hantering van sake

Vier kernwaardes:

  • Eerbied en gehoorsaamheid aan God is die dryfveer vir die vennootskap.
  • Hier is ‘n kerk/gemeente wat ons as gaste kom ondersteun.
  • Ons beplan en werk hier in verhouding en in gesprek met die plaaslike kerk raad.
  • Ons het respek vir die kerkraad nodig en andersom.

Die gemeentes/groepe wat betrokke is, sluit in:

• Tygerberg Mediese Studente
• Suidpunt
• Bredasdorp (VGK en NGK)
• Ring van Paarl (Drakenstein, Paarlberg en Toringkerk)
• VGK Zions
• Kuilsrivier-Suid
• George (Denneoord en Bergsig)
• Simondium
• VGK Sarepta (Kuilsrivier) – verwyder
• VGK Gemeente (Msinga)
• NGK Greyton
• NGK Ladysmith
• NGK Weenen

Skakelpersone in Msinga:

Pastor Nkazimulo Ngcobo

079 983 2379

fuzenkazi@gmail.com

 

Samuel Zuma:
Tel: 072 104 3459
samueltzuma@gmail.com

 

Skakelpersone in die Wes-Kaap:

Albert Myburgh (Getuienisaksie-skakelpersoon)
Tel: 028 424 1120
Sel: 082 567 7841
albertm@overbergagri.co.za