Mobiele Kliniek

As jy op ’n Maandag, Woensdag of Vrydag op Vila Ulóngùe in Mosambiek aankom, sal jy vroeg reeds die Mobiele Kliniek sien wat ingepak word om die dag se besoeke te gaan bring.

Die voertuig, wat deur die Vroue-diens en ’n groep uit Kanada en Holland moontlik gemaak is, is baie bedrywig. Die plakkers op die deur en neus van die voertuig getuig in Portugeus en Chichewa “God is lief vir jou, Jesus red en genees.” Aan weerskante van die voertuig staan daar ook “Geskenk deur Christene van Kanada, Suid-Afrika en Holland.”

Die Mobiele Kliniek word bedryf deur Dausi Ntenga, Fatima Jaluma Johasse en Lucrecia Avora Mario.

Impak op gemeenskap

Die Mobiele Kliniek besoek tien klinieke en weeg gemiddeld 2,300 kinders per maand en die inent-program is baie goed op datum. Hulle bring ook elke oggend ’n boodskap uit die Bybel aan die mense, wat dit andersins nooit sou hoor nie.

Wanner die Ooguitreikprogram kan plaasvind, opereer die span gewoonlik op tussen 60 en 70 mense met katarak-probleme, ondersoek tussen 700 en 800 pasiënte en voorsien ongeveer 200 swaksiendes van brille – en dit in 4 tot 5 dae se tyd!

Kontak

Dr Daniël de Wet
021 957 7204
missio@kaapkerk.co.za

Verified by ExactMetrics