Tans is die afbreek van gesinne binne gemeenskappe en die gepaardgaande vaderloosheid (fisies – en emosioneel afwesig) die enkele grootste probleemarea ter wêreld. In die Wes- en Suid-Kaap poog Ben Marais en Joseph Jacobs om dit aan te spreek deur sport en spel. Sport- en spel-bediening word tans in meer as 170 lande ter wêreld gebruik.
Sport, soos sokker en krieket, is alreeds vanaf die 19de eeu gebruik om die evangelie aan die mense van Afrika te bring. Sodoende is kontak maklik met vreemdes gemaak, verhoudinge gebou en die evangelie oorgedra.
Die Getuienisaksie befonds Ben Marais en Joseph Jacobs om gemeentes hierin te begelei. Joseph (VGK- lidmaat) was die COO van The Ultimate Goal (TUG) en Ben het die NGK-familie binne TUG verteenwoordig as sport en spel-bedieningsleraar. Tans werk Ben as leier van Ambassadors Football (http://za.ambassadorsfootball.org/)in Suid-Afrika en Joseph as stigter van SIF (Sport Implementation Foundation).
Hulle werk binne die Wes- en Suid-Kaapse sinodale gebied en bedien die hele NG Kerk-familie.
Ons help gemeentes met FEDA: