Dit is teen hierdie tyd alombekend dat sekularisasie ‘n versnellende proses is. Al meer mense dink al hoe minder oor God en binne die moderne samelewing is kerk en geloof minder deel van mense se leefwêrelde. By hierdie taakspan dink en bid ons oor hoe hierdie proses omgekeer kan word.
Die taakspan dink na oor hoe daar nie net programme nie, maar ook hoe kultuurveranderinge in gemeentes en geloofsgemeenskappe gekultiveer kan word sodat mense weer kan passievol raak oor die verkondiging van Jesus Christus as die kern van hulle doel en bestaan. Die taakspan dink na oor hoe gewone lidmate bemagtig kan word en hoe evangelisasie nie meer beskou sal word as die alleenlike fokusarea van ‘n kommissie of komitee nie, maar die alledaagse werksaamheid van lidmate.
Die taakspan dink na oor die geloofwêreld van mense wat lank reeds kerk en geloof verlaat het, mense wat steeds binne gemeentes is, maar intens twyfel oor geloof en natuurlik wil ons ook fokus op die oordrag van geloof na die nuwe geslag van jongmense wat die toekoms van kerk behoort uit te maak. Naas hierdie groepe is daar randfigure in die samelewing, mense wat in ellende verkeer, diegene wat hooploos deur die lewe gaan en ander wat wonder of God hoegenaamd bestaan, wat geteiken sal word. Twyfel groei dikwels uit ervarings vanuit hulle alledaagse bestaan.
Die taakspan wil in 2023 begin met ‘n ekumeniese konferensie oor evangelisasie wat uitgebrei sal word met vier streeksbyeenkomstes/konferensies waar daar oor verskeie areas in die sinodale gebied saam oor hierdie uitdaging besin sal word. Die taakspan wil nie die wiel herontwerp nie, maar werk nou saam met ander rolspelers wat reeds in hierdie veld werksaam is soos Alpha en van ons predikante in België en Japan.
Om vrywilligers te bemagtig om op konsultasiebasis ‘n pad met gemeentes te stap om hierdie kultuurverandering van ‘n gemeente wat ter wille van haarself bestaan na ‘n gemeente te help bemiddel wat ter wille van ‘n verlore wêreld bestaan; om dit ‘n werklikheid te help maak.
Dr Braam Hanekom (Direkteur)
083 302 8639
braam@kaapkerk.co.za
Kantoor:
021 957 7202
spg@kaapkerk.co.za
Taakspanlede
*Chairperson still needs to be appointed.
• Ds André le Roux
• Dr Braam Hanekom (PSD: Publieke Getuienis en ook Evangelisasie)
• Ds Danie Murray
• Dr Daniël de Wet (PSD: Ekumeniese Vennootskappe in Afrika)
• Nelinha van der Walt
• Nico Rademeyer
• Ds Stephen Pedro (PSD: Gemeentegetuienis)
• Ds René Potgieter (NGK Stellenberg)
• Dr Stephan van der Walt (Missie Japan)
• Ds Tobie de Wet (Missie Japan)
• Trevor Pearce
• Me Jenny MacMaster
• Ds Ben Marais (Sportbediening)
• Me Jeanie de Wet (SIMCHA-bediening onder Jode)