Mosambiek is noord-oos van Suid-Afrika, aan die oostelike kuslyn van Afrika geleë met Zimbabwe, Zambië en Malawi aan die westelike – en Tanzanië aan die noordelike grense. Mosambiek beslaan ’n totale area van 801 590 km2 en het ’n bevolking van ongeveer 21 700 miljoen. Die hoofstad is Maputo en die geldeenheid is die Meticai.
Die NG Kerkfamilie ondersteun verskeie bedieninge en vennootskappe in Mosambiek.
Die NGK-familie het steeds noue bande met ons susterskerk, die IRM en veral met die Mphatso- en Tumbine-sinodes.
Ds Miguel Nobre (Algeneme Sekretaris)
nobrevila@gmail.com
Ds Manasse Matiquele
manassefulasitala@gmail.com
www.hefsiba.org
Mnr Dausse Nthenga is in beheer van die Mobiele Kliniek en baie bekwaam. Sy span bestaan uit Jaluma Johasse en Lucrecia Avora.
Verskeie projekte word in Tumbine (Noord-oos-Mosambiek) deur RUVUMA, ’n vennootskap van ongeveer 30 NG Kerkfamilie-gemeentes, gekoördineer.
Algemene sekretaris: Ds Carlos Herbath
irmtumbine@gmail.com
Lees verder by www.ruvuma.org
Daniël de Wet
+27 21 957 7204 / +27 82 068 7795
missio@kaapkerk.co.za