Die Simcha Bediening aan Jode word behartig deur Jeanie de Wet in Kaapstad en omgewing.
Sodoende word ‘n individuele en kollektiewe getuienis dat Jesus ook vir Jode die Messias en Here is, uitgedra. Die evangelie word uitgedra deur Bybelstudie-groepe, huisbesoeke aan individue en eredienste in die Beit Ariel Gemeente waar te neem.
Simcha Bediening is beskikbaar vir optredes in gemeentes en om lidmate te skool in die kommunikasie van die evangelie aan Jode.
Stuur e-pos aan simchaministry@gmail.com vir navrae en ontvangs van die nuusbrief.