CAVA

CAVA NBI-video en inligting

 

 

 

* Nuusbriewe

Ons Geskiedenis

CAVA (Christian Audio-Visual Action) is ‘n nie-winsgewende bediening wat in die 1970’s in Zimbabwe ontstaan het toe sendelinge die nood van die Zimbabwe-plaaswerkers raakgesien het. Stelletjies literatuur, oudio-kassette en prenteboeke is aan boere beskikbaar gestel met ’n bandspeler wat met die hand gedraai is en dus sonder elektrisiteit of batterye werk.

Sedertdien het CAVA se fokus uitgebrei en ‘n hele reeks verskillende publikasies het aan verskillende behoeftes voldoen – van die aanspreek van kulturele aangeleenthede in die lig van die Skrif tot die Christelike leefstyl, dissipelskap en jeug om enkeles te noem.

Tye verander en CAVA het besef dat hulle daarby sal moet aanpas. As gevolg van moeilike tye, wat boekverkope beïnvloed het, tesame met die feit dat ons onsself vierkantig in die tegnologiese era van rekenaars en selfone bevind, het ons die volgende opwindende besluit geneem: om ons literatuur in e-formaat te omskep en met elke boek sal daar:

  • ‘n opsomming
  • ‘n prys en
  •  ‘n betaalmetode om die boek aanlyn te koop:

 

BANKBESONDERHEDE:

SUID-AFRIKA

Naam: NG Kerk in SA (Getuienis)
Bank: Nedbank
Rek. nr: 1135-900-280
Takkode: 198-765
Ref: CAVA en voorletters en van (donateur)

Dienste en produkte

  • Die druk en verspreiding van relevante en bekostigbare Christelike literatuur en oudiovisuele materiaal;
  • Bedien die gemeenskap deur drukdienste teen baie mededingende pryse aan te bied;
  • Aanbieding van die NBI-kursus om individue en kerkleiers toe te rus in die beginsels van Christelike leierskap – 6 modules met 5 boeke per module (CLDP 1-3 & MDP 1-3) word gedek deur afstandsonderrig;
  • Stel kerke en ander groepe in staat om Christelike literatuur beskikbaar te hê (bv. tabelle vir boekverkope) deur CAVA se literatuur op ‘n verkoop-of-terug-basis te voorsien.

Kontak

Christine Chanza
Tel: +263 772451419
cavazw.office@gmail.com