CCAP Nkhoma Sinode Departement Omgewingsorg

In 1999 is ’n Departement Omgewingsorg gestig om die kerk en lidmate meer bewus te maak van Christene se roeping om die omgewing te bewaar. Daar word veral op voorligting in skole en gemeentes gefokus. Hennie Smit het kwekerye vir bome in verskeie gemeentes gevestig en versprei boompies gedurende die reënseisoen met sy boomplantprojek. Al hoe meer gemeentes besef die waarde daarvan.

Sy promovering van die Farming God’s Way-metode by bestaansboere, vind al hoe meer inslag. Die opbrengste van die mielie-oeste is aansienlik beter as met die ou ‘ridging’-metode. Dit dra ook by tot groter voedselsekerheid.

Na Hennie Smit se aftrede in 2019, het Jaco Slingerland by hom oorgeneem.

Kontak

Mnr Moffat Mpepo
+265 994 95 26 21
nkhomawater@gmail.com