Om ons missie en missionale doelwit te bereik, fokus ons op
- die missionale transformasie van gemeentes – om gemeenteleiers te ondersteun en te begelei om ‘n kultuur van missionale (na buite gerigte) gemeentes te wees.
- bou van gemeentelike leierskapskapasiteit – om gemeenteleiers toe te rus en te bemagtig om die missionale transformasie van hul gemeentes te fasiliteer en om missionale en transformasionele leiers te wees.
- die bou van gesonde, sterk en ingeligte ringe – om ringe te ondersteun en te adviseer met betrekking tot sinodale beleide en mandate en om hulle toe te rus om sterk en gesonde kerkverbande onder gemeentes te bevorder.
- die mandaat en take van Gemeentegetuienis – om gemeentelike bedieninge van die VGKSA te ondersteun in die uitvoering van hul hooftaak en doelwitte om:
- gelowiges (gemeente) toe te rus vir diens en getuienis
- hulp ten opsigte van die ontwikkeling van materiaal om gelowiges toe te rus.
- navorsing en opleiding – om leiers met vermoëns te bemagtig, om hul gemeentes te lei om onder andere in multikulturele kontekste te dien en te getuig.
Strategiese vennote
- Gemeentes en ringe
- taakspanne by Getuienisaksie
- gemeentelike bedieninge van VGKSA Streeksinode Kaapland
- gemeentelike begeleiding (Communitas)
- Diaconia
- affiliasiebedieninge
- Beyers Naudé Sentrum vir Openbare Getuienis.
Assistente
Om hierdie reusetaak te bestuur en te fasiliteer word die taakspanbestuurder bygestaan deur ‘n taakspan en opgeleide gemeentefasiliteerders (VGKSA Kaapland-leraars en gelisensieerde kandidate) en deur Leoné Prinsloo, administratiewe koördineerder van Gemeentegetuienis..
Projekte en programme
Die volgende projekte en programme word bestuur, gekoördineer en gefasiliteer om ons ondersteunings- en begeleidingsdiens te versterk:
- Die Kontekstuele Bybelstudie om gemeentelike kapasiteit en lewenskragtigheid te help opbou en om gemeenskaplike uitdagings aan te spreek en by te dra tot gemeenskapsontwikkeling.
- Ondersteuningsprogram vir VGKSA-gelisensieerde kandidate (proponente) terwyl hulle wag om beroep te word.
- Die ontwikkeling van missionale leierskap, gefokus op leraars van ons Oos-Kaapse ringe.
- Boys2Men-bediening om gemeentes se getuienis te ondersteun met betrekking tot geweld teen vroue en kinders.
Kontak
Ds Stephen Pedro (Bestuurder)
(+27) 21 957 7183
(+27) 67 770 5986
stephen@kaapkerk.co.za

