Ons fokus op die VGK Streeksinode Kaapland se 113 Xhosa- en Afrikaanssprekende gemeentes en ringe in die Oos-Kaap wat sonder predikante moet funksioneer.
Die Predikant in Sinodale Diens (PSD) van Gemeentegetuienis, ds Stephen Pedro, bied ondersteuning aan hierdie gemeentes deur besoeke, gesprekke, opleiding, en voorsiening van materiaal, soos CLF- pamflette, Bybelstudieboekies, ens. Hy word bygestaan deur ’n taakspan, administratiewe personeel, en ’n span fasiliteerders.
Die besoeke, gesprekke en veral die opleiding fokus veral op die predikante en die leierskap van die vakante gemeentes.
• Besoeke en gesprekke vind plaas dmv inligtingsessies en konferensies en
• Opleiding vind hoofsaaklik plaas dmv werkwinkels
Die fokusse van die opleidingswerkswinkels is:
• LEIERSKAP – die bemagtiging van gemeenteleiers om die kapasiteit van leiers op plaaslike gemeentevlak te verhoog;
• GEMEENTES – om veral ‘vakante’ gemeentes te ondersteun en te begelei in die ontwikkeling van die missionale gerigtheid;
• BEDIENINGE – om gemeenteleiers en lidmate te bemagtig om die geïntegreerde bedieningsmodel (GBM) van die VGK te verstaan, veral die kernbedieninge (Verkondiging en Aanbidding, Diensgetuienis en Gemeentebediening) van die kerk en hul roeping en rol binne die bedieningspraktyk te verstaan.
• GEMEENSKAPPE – om ’n kultuur van gemeenskapsgerigtheid te help vestig waar die leierskap en lidmate van gemeentes verstaan dat hul tot diens van hul gemeenskap geroep is.
Tydens werkswinkels maak ons gebruik van die volgende metodes en kursusse:
• Kontekstuele Bybelstudie – ’n metode om leiers te bemagtig, en gemeentes en bedieninge met kapasiteitsbou en gemeenskapsontwikkeling te help.
• Mission Shape Ministry (MSM) – om die missionale gesprek te begin en ’n kultuur van missionale kerkwees te vestig.
• Etnografiese studies om leiers en gemeentes te bemagtig om kultuur te verstaan en hul gemeentekultuur te belyn met God se sending.
Ons kernvennote in hierdie verband is die 10 plaaslike VGK-ringe, Gemeentebediening en Diakonale Dienste, Communitas, Kerk in Actie (PKN) in Nederland en die Beyers Naude Sentrum vir Publieke Teologie.

Ds Stephen Pedro (Bestuurder)
(+27) 21 957 7183
(+27) 67 770 5986
stephen@kaapkerk.co.za