Dit gaan goed met ons en ons medewerkers in Madagaskar. Die sikloon was toe gelukkig nie so erg soos voorspel nie, maar daar is ‘n paar mense dood in die vloede. Pastoor Jonoro en gesin is besig om na Antananarivo te verhuis. Dit gaan goed met hulle. Goeie nuus is dat die gemeente in Andakoro, Toliara met die bou van hulle nuwe kerkie begin het. Op Facebook kan ons sien hoe hulle werskaf. Lees gerus Leon en Carmen se nuusbrief HIER.