All posts by: Witness Ministry

About Witness Ministry

Dis Maandagmiddag en ek is besig om by my hospitaal se spoedgevalle die lang lys van pasiënte weg te werk. Dis warm en pasiënte en dokters is almal gefrustreer aan die einde van die dag; maar dan lui ook nog my selfoon. Ek sien dadelik dat dit ´n oproep van ons spanleier in Mosambiek. As […]

Die Malingunde-skoolprojek in Malawi, wat oorspronklik omstreeks 2008 deur die Kinderkrans van die Wes-Kaapse Sinode gestig is, het ‘n nuwe genadehoofstuk betree nadat die oorspronklike skooltjie in 2016/2017 weens die verhoging van ‘n naburige damwal onder water gekom het. Deur ‘n vennootskap tussen ‘n Skotse gemeente en Suid-Afrikaanse gelowiges het ‘n uitreikspan hande gevat om […]

Daar is plekke wat jy besoek. En dan is daar plekke wat jou besoek – en nooit weer heeltemal verlaat nie. Vanjaar het 23 studente van Kruiskerk Stellenbosch die lang pad na Maphutseng in Lesotho aangepak met die verwagting dat hulle gaan dien en ‘n verskil gaan maak. Maar soos die dae ontvou het, het […]

Die 27ste algemene vergadering van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke (WGGK) het in Chiang Mai, Thailand afgeskop met ’n vurige soeke na God se wil. Afgevaardigdes het ’n vlugtelinggemeenskap in Mao Sot besoek, waar geloof, gasvryheid en hoop teen die agtergrond van geweld floreer. Jongmense daar droom van onderwys en ’n beter toekoms. Dr. Setri […]

By die jaarlikse Waarderingsonthaal van Getuienisaksie, wat op Donderdag 11 September, by die NGK Strand-Noord gehou is, het oud-sendelinge, belangstellendes en vriende saam teruggekyk op die ryk geskiedenis van die Murray Teologiese Kollege in Zimbabwe. Die oggend is gekenmerk deur herinneringe, gesellige saamwees en die dankbare erkenning van God se getrouheid. “Soos elke vorige jaar […]