#TraumaticIncidentReduction(TIR): Ons woon in ‘n land met van die hoogste misdaadsyfers ter wêreld en in Suid-Afrika is Kaapstad een van die stede wat die swaarste daardeur getref word.

Arbeidsbediening het in die lig hiervan onlangs vier persone laat oplei in Traumatic Incident Reduction (TIR) om hul gemeenskappe hierin by te staan: 4 in George en 1 in die Helderberg-Kom. Tydens hierdie opleiding is hulle geleer hoe om traumaberading te doen en is hulle ook aan verskillende tegnieke in die hantering daarvan bekendgestel. Hierdie tegnieke help om berading makliker en meer effektief te kan doen.

Alhoewel die TIR-opleiding oorspronklik ontwikkel is vir die behandeling van trauma, kan dit ook in baie ander soorte situasies effektief toegepas word. Jy leer nie net teorie nie, maar ook stap vir stap hoe om dit prakties toe te pas.

Met TIR help die berader die getraumatiseerde om die trauma te integreer en so los te kom van die insident. TIR gee relatief (in vergelyking met ander metodes) vinnige en permanente resultate, dikwels in net een sessie. Dit kan ook effektief gebruik word vir ander probleme soos fobies, angsaanvalle, ens.

Vanaf 17 tot 20 September word Jannie Booysen (Kaapstad noordelike voorstede en omgewing) en Landa Bester (Vredenburg) ook opgelei.

Is jy onlangs deur ‘n traumatiese gebeurtenis, of ken jy iemand wat dringend berading nodig het? Kontak dan gerus vir Carin Brink by cbrink@kaapkerk.co.za vir meer inligting.