RANDFIGURE – Stemme van toe tot nou
1990 – 2020 ter viering van 30 jaar van vroue in die amp
Randfigure is ’n monumentale boek, aangesien dit die eerste boek is wat deur die NG Kerk in SA Argiefreeks uitgegee is. Dit bestaan uit ’n bundel toegeligte verhale of stories, uitgegee ter viering van 30 jaar van vroue in die amp met Lisel Joubert en Isabel Murray as redakteurs. Die boek is opgedra aan wyle prof Mary-Anne Plaatjies van Huffel, ’n pionier, ’n stem en ’n “presence” wat ’n visie gehad het van ’n wêreld waar ons mekaar as mense sien. Die fokus van die bundel is op vroue as randfigure, veral in die sending, waar daar vir hulle ruimte was om hul beroepe te kon uitleef. Dis ook van groot historiese betekenis, aangesien dit die eerste boek is wat in die NG Kerk in SA Argiefreeks uitgegee is. En boonop is dit ‘n uitstekende geskenk vir jou vrou, ma of ouma op Moedersdag 10 Mei. Kontak Amanda van Niekerk by toerusting@sun.ac.za as jy graag die boek wil koop en Andrew Kok by argief@kaapkerk.co.za vir meer inligting.
Die volgende video’s is oor Randfigure beskikbaar:
Die waarde van die Argief en Randfigure Andrew Kok https://youtu.be/8m9yd14z0m0
Die samestelling van die boek Isabel Murray: https://youtu.be/rBHzGICz9ag
Inleiding Rethie van Niekerk: https://youtu.be/bji-n4H3x4w
Emma Rutherfoord Murray Pascal Pienaar: https://youtu.be/o3Zv0jXj7hU
Alice Mathewson Brink Bianca Truter-Botha: https://youtu.be/TtTT8DfQQD4
Ellen Faul Smith of Tshilidzini Maretha Laubscher: https://youtu.be/kx3duqW29fw
Jan en Britta van Zijl Hanneke Meyer: https://youtu.be/5Hm6jzUw4p4
Ella Neethling Rethie van Niekerk: https://youtu.be/QPfZ_G9GAa8
Margaret Vlok Lisel Joubert: https://youtu.be/tld6iQWwH34
