Ekumeniese Vennootskappe in Afrika

Die Malingunde-skoolprojek in Malawi, wat oorspronklik omstreeks 2008 deur die Kinderkrans van die Wes-Kaapse Sinode gestig is, het ‘n nuwe genadehoofstuk betree nadat die oorspronklike skooltjie in 2016/2017 weens die verhoging van ‘n naburige damwal onder water gekom het. Deur ‘n vennootskap tussen ‘n Skotse gemeente en Suid-Afrikaanse gelowiges het ‘n uitreikspan hande gevat om […]

By die jaarlikse Waarderingsonthaal van Getuienisaksie, wat op Donderdag 11 September, by die NGK Strand-Noord gehou is, het oud-sendelinge, belangstellendes en vriende saam teruggekyk op die ryk geskiedenis van die Murray Teologiese Kollege in Zimbabwe. Die oggend is gekenmerk deur herinneringe, gesellige saamwees en die dankbare erkenning van God se getrouheid. “Soos elke vorige jaar […]