Daniël de Wet en ds Liberty Matabire, Jeugdirekteur van die RCZ

 

Daniël de Wet Getuienisaksie se taakspanbestuurder van Ekumeniese Vennootskappe in Afrika het verlede week ‘n ontmoeting met ds Liberty Matabire, Jeugdirekteur van die Reformed Church in Zimbabwe (RCZ) in Kaapstad gehad.

Daar gaan weer, soos ‘n paar jaar gelede, van KiX (Kinders in Christus) se kant af via Getuienisaksie hande gevat word met die jeug van die RCZ om die projek “Boeke vir ons bure” te loods.

Die RCZ het ‘n groot behoefte aan kategesemateriaal om hul kategete te kan help toerus asook ‘n vraag na eenvoudige kinderboekies wat hul Sondagskoolkinders huis toe kan neem om verder te kan gaan geniet, soos om prentjies te gaan inkleur, ens.

Kontak Daniël de Wet by missio@kaapkerk.co.za vir meer inligting.