V.l.n.r.: Daniël de Wet, Hannes Theron, prof. Nathan Chiroma (Pan-African Christian University Nairobi, Kenia en ondervoorsitter van NetACT), prof. Sunday Agang (ECWA Theological Seminary, Jos, Nigerië en voorsitter van NetACT) en Nico Mostert

 

Daniël de Wet, die VGK Streeksinode Kaapland en NG Kerk Wes-Kaapland se taakspanbestuurder van Ekumeniese Vennootskappe in Afrika, Nico Mostert, Vrystaat Sinode se direkteur van Vennote in Getuienis en Hannes Theron wat op 1 Januarie 2022 as NetACT-programkoördineerder by Jurgens Hendriks sal oorneem, is tans op besoek aan ons susterskerk in Kenia, die Reformed Church in East Africa.

Daniël de Wet laat weet dat hulle vanaf 24 tot 28 November die All Africa Conference of Churches by die Desmond Tutu Konferensiesentrum in Nairobi bygewoon het. Daniël vertel: “Die konferensie het ‘n platform gebied vir teologiese instellings en kerkleiers om te besin oor maniere waarop teologiese studie kan help met voortgesette groei van die kerk in Afrika. Daar is ook besin oor maniere waarop teologiese opleiding in Afrika ‘n kontekstuele en ook ‘n relevante bydrae kan lewer tot kerkgroei, sowel as om diensbaar te wees tot die breër gemeenskap en uiteindelik so ook ons roeping te leef.

“Die konferensie was ook ‘n wonderlike geleentheid om verhoudinge te bou met ander lede van die NetACT en ons broers en susters van ons Reformed Family Forum.”

Kontak Daniël de Wet by missio@kaapkerk.co.za vir meer inligting.