As jy weer jou blikkie kekeretjies oopmaak, behou gerus daardie kosbare vloeistof en maak jou eie vegan-mayo:
Jy benodig:
- 1/4 koppie aquafaba (die vloeistof/pekel in ‘n blikkie gaar kekerertjies)
- 1/4 teelepel gemaalde mosterd
- 1/4 teelepel seesout
- 1, 1/2 tl appelasyn
- 1-3 tl bruinrysstroop (of stevia na smaak, rietsuiker of esdoringstroop)
- ¾ tot 1 koppie sonneblomolie (‘n neutrale olie is hier belangrik vir geur; avo- of canolaolie werk ook goed.)
Metode
- Voeg aquafaba in ‘n lang glasfles saam met die gemaalde mosterd, seesout, appelasyn en bruinrysstroop.
- Meng op die vinnigste spoed met ‘n hand voedselverwerker (elektriese klitser het vir my beter gewerk).
- Meet die olie af in ‘n maatbeker en, met die voedselverwerker op sy hoogste spoed, laat druip die olie baie stadig in vir so 1-2 minute.
Dit kan vir 2 weke in jou yskas gehou word.
Erkenning: Easy Vegan Mayo with Aquafaba | Minimalist Baker Recipes
