Prof. Xolile Simon, (studieleier) staan agter links langs dr Tibus,
sy gesin en vriende na ete ter viering van sy PhD in teologie.

 

“Ons is dankbaar vir internasionale studente wat hul doktors- en meestersgrade tydens die April-gradeplegtigheid aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf het,” sê ds Jurie Goosen, organiseerder van die bediening aan buitelandse studente aan die Universiteit van Stellenbosch.

“Dr Van Tibus van die Filippyne het sy PhD in teologie behaal. Die internasionale erediens gaan hom mis met sy hulp met prediking en betrokkenheid by die aanbiddings- en leiersgroep. Prof. Xolile Simon van die VGK was sy supervisor en dr Tibus gaan missiologie doseer in die Filippyne. Die tema van sy navorsing was  Integral Mission and Drug Abuse in the Changing Landscape: Moblizing the United Church of Christ in the Philippines, Together Towards Life.

Dr Chilongozi van Malawi saam met Jurie en Magdaleen Goosen. Haar navorsing het gehandel oor die bemagtiging van vroue in Malawi deur mikrofinansies.

 

“Dr Mwawi Chilonongozi van Malawi het haar PhD in praktiese teologie verwerf. As leraar het sy gekyk na die rol van die kerk in die bemagtiging van vroue in Malawi en haar onderwerp was Microfinance as a tool for socio-economic empowerment of rural women in Northern Malawi.

“Hosana van Madagaskar het haar PhD in wiskunde behaal. Sy was lid van die Libertaskoor en deel van die aanbiddingsgroep by ons internasionale eredienste.

“Dr  Olubamiwa van Nigerië het ʼn PhD in ingenieurswese behaal en het tegniese hulp verleen by ons internasionale eredienste.”

Bid asb. vir die geloofsbediening en die internasionale studente wat as dosente en na  leiersposisies in hul lande terugkeer.

Stuur asb jou e-posadres na ds Jurie Goosen by goosens@isales.co.za om gebedsversoeke te ontvang.