Die kerk vier elke jaar wêreldwyd die Seisoen van Skepping. Dit is ’n ekumeniese beweging wat vanaf 1 September tot 4 Oktober plaasvind.

In hierdie tyd kom gelowiges van regoor die wêreld bymekaar om God se wonderlike skepping te vier en word ons opnuut bewus van die gemeenskaplike ‘huis’ wat ons hier op aarde deel.  Ons kom ook bymekaar in gebed en aksie teenoor die vernietiging en uitbuiting van God se skepping.

Die Groenspan wil graag lig hierop plaas deur te verwys na hierdie jaar se alternatiewe liturgieë, tekste en preekmateriaal (saamgestel deur Ernst Conradie en Dewald Hoffmann) wat op die Woord en Fees-webtuiste beskikbaar is. Hierdie jaar se tema is: Aan wie se kant is God? Die Psalms oor ekologiese rampe en ellende. Lees ook meer daaroor HIER.

Ons deel ook hierdie jaar weekliks video’s van die verskillende tekste wat voorgelees word in die natuur wat gemeentes kan deel tydens die erediens.

 

Week 1   –  Sondag 4 September: Psalm 139  (Rudolph Scharneck)

Week 2   –  Sondag 11 September: Psalm 14 (Marizanne Pfeil-Wessels)

Week 3   –  Sondag 18 September:  Psalm 79 (Rumarque Cowan)

Week 4   –  Sondag 25 September: Psalm 91 (Frikkie Marais)