Soos julle teen hierdie tyd al weet, is Getuienisaksie se Taakspan Ekologie baie opgewonde oor die 1,000 Boom-projek van die CCAP Nkhoma Sinode wat reeds onder leiding van hul algemene sekretaris, ds Vasco Kachipapa van stapel gestuur is. Dewald Hoffmann, bestuurder van dié taakspan en Braam Hanekoom, PSD (predikant in sinodale diens) van die Taakspan Ekologie, beplan om dié projek in Maart te gaan besoek.
Daar is egter ‘n ander merkwaardige bediening wat al sedert 2017 in Malawi aan die werk is waarvan beslis kennis geneem moet word en wat ook onder andere ‘n opleidingsprogram oor landboubeginsels aan die jeug bied.
Louise Laubscher, die bestuurder van die Fishers, Trainers and Senders (FTS)-bediening gesetel in Lilongwe, doen baanbrekerswerk om die jeug te bemagtig en word bygestaan deur agt voltydse werkers.
Sedert 2017 bied FTS twee Mindset Change-programme aan. Dit val onder die sambreel van “Biblical empowered worldview”. Foundations of Farming, ‘n ses-dag-opleidingskursus word vanaf 2017 aangebied en vanaf 2020 het “Empowered” wat oor agt weke (twee dae per week) strek, ook begin. Die doel van dié programme is om die jeug toe te rus om ‘n impak op hul gemeenskappe te maak en eienaarskap te neem van die projekte waarmee hulle begin het.
Hierdie twee programme fokus op kinders tussen die ouderdom van 8 tot 17 jaar en sluit in die areas van Nkhoma, Chilenje en Chigodi in die Lilongwe-distrik.

Louise vertel: “Die getal kinders en jeug wat sedert 2017 tot nou in Foundations of Farming opgelei is, is 390. Vanjaar is ‘n groep van sestig in Januarie by Chongoni, net suid van Nkhoma Sendingstasie, in Foundations of Farming opgelei. Tydens hul opleiding kry die jongmense onder andere saad om met hul tuine te begin.”
Stonard Banda (onder-direkteur) verduidelik: “We reach out to communities who lack knowledge of the Gospel. We focus on the youth and try to teach them ownership and try to provide solutions by the youth themselves by empowering and guiding them with above-mentioned programmes. We started in 2017 by handing out vegetable seeds and also started to plant fruit trees. This helped them to start doing farming on their own and they learned to take ownership, without assistance from their parents. Since 2020 the youth continued to be trained in the basic techniques of farming as well as the rearing of animals.

“Rabbits were given to children who have gone through the Empowered programme. They only received the rabbits if they have made a proper shelter for them at their home.”
Wat baie verblydend is, is dat FTS nou ook versoek word om programme in ander areas in Malawi aan te bied.
Kontak Louise Laubscher by agogolouise@gmail.com vir meer inligting.

