-
Kom ons vier Aardedag. Nataniël sing in sy lied, “Sy’s al wat ons het” onder andere die volgende:Moeder aarde draai haar omUit die son se ergste brandEn sy droom van digte woudeEn haar oë waai vol sandSy soek na haar kindersMaar hul dans nou met musiekLangs duisend vuil riviereLangs berge van plastiekVanjaar vier ons Aardedag op Maandag 22 April. Kom ons doen ons deel as navolgers van Christus en help ’n groter bewussyn in ons geloofsgemeenskappe skep oor hoe belangrik dit is om ons mooi aarde op te pas. Lees gerus wat Anneke Groenewald, een van ons Groenspanlede, daaroor te sê het HIER: https://bit.ly/44cQEa0
- Ons vier Aardedag
Vanjaar vier ons Aardedag op Saterdag 22 April. Aardedag is ’n beweging wat al vir 53 jaar bestaan; die eerste Aardedag is al in 1970 gevier. Aardedag se missie is om diversiteit, opvoeding en ‘n wêreldwye omgewingsbeweging te aktiveer. Tans is dit die grootste omgewingsbeweging wat met meer as 75 000 vennotein meer as 190 lande saamwerk om aksies te dryf wat ’n positiewe impak op ons planeet het. Elkeen speel ’n rol in die omgewingskrisis. Daarom is dit belangrik vir ons as geloofsgemeenskappe om ’n positiewe rol te speel in die opleiding en bewusmaking daarvan vir ons naaste. As Christene sluit ons naaste egter ook meer in as net ons menslike bure. God verklaar in Genesis die hele skepping as goed. Boonop gee die Here ons die opdrag om verantwoordelik op te tree en nie ons mag as mense te misbruik nie. Ter viering van Aardedag deel die Groenspan graag oordenkings oor Bybeltekste, Bybelstudie-idees en liturgiese voorstelle vir leiers in gemeentes wat graag ander wil help nadink oor ons verhouding met die skepping vanuit ’n Bybelse perspektief.
- Ons vier Aardedag: Op Vrydag 22 April vier ons weer wêreldwyd Aardedag; iets wat alreeds vir meer as 50 jaar bestaan en in 1970 begin is. Dis verblydend om te sien hoe baie van veral ons jongmense entoesiasties aan hierdie vieringe deelneem. Ons Groen Span het vanjaar weer eens baie moeite gedoen met mooi plakkate met waardevolle idees en inligting oor watter impak ons gedrag op ons plante, diere het en hoe dit wat ons eet die skepping beïnvloed. Ons deel ook graag weer die Eko-pakkie soos verlede jaar. Lees meer by https://bit.ly/3g3x8Wm
