Biddag vir Ekologie 2024. Hoe mense leef, het ʼn direkte impak op die skepping en wat met die skepping gebeur. Om hieroor na te dink word die eerste Sondag in Junie elke jaar as Biddag vir die Ekologie ingeruim. Vanjaar val dit op Sondag 2 Junie. Klik HIER vir ‘n kindervriendelike voorstel met liturgie vir dié geleentheid.
Biddag vir Ekologie – 4 Junie 2023. Alan Paton, die gevierde skrywer en filosoof, het gesê: “Die grond is heilig. Dit kom immers van die Skepper self. Onderhou dit. Beskerm dit. Sorg daarvoor, want dit onderhou die mens, beskerm die mens, sorg vir die mens. Vernietig die grond, en jy vernietig die mens.” Dié aanhaling en talle gedeeltes in die Bybel maak dit duidelik dat die welsyn van die skepping en die welsyn van die mensdom onskeibaar is. Hoe mense leef, het ʼn direkte impak op die skepping en wat met die skepping gebeur. Om hieroor na te dink word die eerste Sondag in Junie elke jaar as Biddag vir die Ekologie ingeruim. Vanjaar val dit op Sondag 4 Junie. Klik HIER vir ‘n pragtige preekteks met liturgie vir dié geleentheid. (Met dank oorgeneem van die NG Kerk Algemene Sinode.) https://bit.ly/3MPFq3U
Dewald Hoffmann herinner ons daaraan dat hierdie Sondag die Biddag vir Ekologie is – ons nooi alle gemeentes uit om hierdie Sondag saam te bid vir die omgewing en die aarde. In hierdie video gee hy vyf stappe as riglyne: https://bit.ly/2N6MwkS
Sondag 6 Junie 2021 is Biddag vir Ekologie. Kyk gerus na Dewald Hoffman se wenke daaroor: https://youtu.be/Ae0qQhK_HO