- Stortingsterrein dink GROEN Verbeel jou ’n welige groetetuin by ’n stortingsterrein … jy sien berge van plastiek, wapperende papiere en geroeste blikkies, maar aan die voet daarvan ’n groen oase van lewe en hoop. As dít jou nie opgewonde maak nie, gaan min dinge jou laat glimlag. Lees meer van Thabo Olivier, bekende stigter van Let’s Grow Food, se passie daaroor HIER. (Oorgeneem uit Vrypos I NG Kerk Vrystaat)
-
Bou jou eie wurmplaas. Nioma Venter, assessor van die Sinode van Wes-Kaapland, het almal verlede week geïnspireer met haar videowenke vir die bou van jou eie komposhoop.Hierdie week verduidelik sy hoe jy jou eie wurmplasie kan begin. Kyk gerus na hierdie video vir idees en wenke.
- Hoe maak ek my eie ‘swart goud’?“Baie maklik,” sê ons assessor, Nioma Venter. Kyk gerus na hierdie video waarin sy meer van die wonder van ‘swart goud’ vertel; die kosbare kompos wat jy sommer met jou eie wurmplaas daar op jou werf kan skep. Jy kry vir jou ‘n paar Red Wiggler-komposwurms, voer hulle met organiese afval uit jou kombuis en kantoor en siedaar – jou plantjies is in die hemel!
- Marizanne Pfeil van ons Groen Span en predikant by Hoop Geloofsgemeenskap in Somerset-Wes, gesels hierdie week oor hoe om jou eie groente te kweek. Jy het nie ‘n groot tuin daarvoor nodig nie; heelwat groente kan in ‘n gewone pot ook groei. Kyk na hoe dit gedoen kan word by https://bit.ly/31bR1TK.
