• Kom ons vier Wêreld Herwinningdag 2024! Wêreld Herwinningdag word jaarliks op 18 Maart gevier. Dit is ‘n herwinningsinisiatief wat ons aanmoedig om met ander oë na ons rommel te kyk. Daar is verskeie maniere van herwinning wat dit moontlik maak dat sekere materiale herhaaldelik gebruik kan word. Herwinning baat ons almal asook ons omgewing omdat dit die energie wat ons gebruik, verminder, die kwaliteit van water en lug wat ons inasem verbeter, en klimaatsverandering beveg. Koerante, plastiekwaterbottels, koeldrankblikkies en melkkartonne is van die mees algemene daaglikse herwinbare items. As ons moeite doen om items wat ons gewoonlik weggooi, te herwin, doen ons die aarde en ons lewens ’n groot guns. Lees meer oor herwinningswenke op Getuienisaksie se Ekologie-webblad HIER: https://bit.ly/3V2jUh4

 

  • Wêreldherwinningsdag – 18 Maart 2023. Dis belangrik dat élke mens die verantwoordelikheid vir sy of haar plastiekverbruik aanvaar, sê die Wêreldnatuurlewefonds (WWF). Die WWF beskou plastiekbesoedeling as ’n wêreldwye epidemie. Volgens dié organisasie word daar jaarliks nagenoeg agt miljoen metrieke ton plastiek gestort. Dit terwyl daar reeds ’n geskatte 150 miljoen metrieke ton plastiek in die see is. As daar nie nou tot daadwerklike aksie oorgegaan word nie, sal daar teen 2050 meer plastiek in die see wees as visse. Herwinning help ons om ons natuurlike hulpbronne te beskerm. Elke jaar bespaar herwinning meer as 700 miljoen ton in CO2-vrystellings en dit sal na verwagting teen 2030 tot 1 miljard ton toeneem. Daar is geen twyfel dat herwinning op die voorste linie is in die oorlog om die toekoms van ons planeet en mensdom te red nie. Klik hier vir hulpbronne wat jou kan help om ‘n #RecyclingHero te word: https://www.globalrecyclingday.com/resources/.

 

  • Angelique Ghall, lid van ons Groen Span en predikant van die VGK Vanrhynsdorp, gesels hierdie week met ons oor hoe jy deur huishoudelike eko-vriendelike items in jou kombuis te gebruik, nie net geld spaar nie, maar ook ‘n bydrae lewer tot die ekologiese bewaring van jou omgewing:  https://bit.ly/2YduV1b

 

  • Janneke Marais, jeug- en maatskaplike werker van die NG Toringkerk in die Paarl, praat oor die probleem van elektroniese afval (e-afval) en wat gedoen kan word om dit te herwin: https://bit.ly/3krWdtT

 

  • Janneke Marais, jeug- en maatskaplike werker van die NG Toringkerk in die Paarl, praat bietjie oor wegneem koffie en meer eko-vriendelike alternatiewe: https://bit.ly/3gp8lJ8.

 

  • Het jy al ooit gewonder wat die nommers binne die herwinningsteken op plastiekprodukte beteken? Marizanne Pfeil-Wessels van Hoop Geloofsgemeenskap gesels oor die verskillende tipes plastiek wat herwin kan word. Sy beskryf nie net al sewe tipes plastiek wat in produkte gebruik word nie, maar vertel ook watter nuwe produkte geskep word uit die herwinningsproses: https://bit.ly/2IImFRw.

 

  • Dalk was jy van mening dat mens alles wat van plastiek, papier of tin gemaak is, kan herwin, maar dis nie waar nie. Dewald Hoffmann van ons Groen Span gee eko-wenke oor produkte wat nie herwinbaar is nie. Wees bedag op produkte wat nie bio-afbreekbaar is nie, wat besmet is met kos of olierigheid, komponente wat te ingewikkeld is om van mekaar te skei, soos elektroniese kabels (e-waste is ‘n opsie van herwinning hiervan), spuitkannetjies, batterye, spieëls, ens. Hy vertel meer hiervan op die video: https://youtu.be/j1PLep-v3TI. Jy kan meer ook oor die onderwerp lees by https://bit.ly/2TU7Cqh.

 

  • Weggooibare maskers het nou ook, soos so baie ander verbruikersitems, ‘n ekologiese krisis begin veroorsaak. Mense gooi dit nie op ’n bedagsame manier weg na gebruik nie en dit beland onder andere in oseane en ander eko-sensitiewe areas. So, wat kan dan gedoen word om hierdie bul so gou moontlik by die horings te pak?  Lees Samantha Chamberlain van die NG Gemeente Suider-Strand se eko-wenk HIEROOR