• Plastiekvrye Julie: Vermy plastiekbekers/– koppies. Verlede week het ons julle van ons opwindende Plastiekvrye Julie-kompetisie vertel. (Lees HIER meer oor die kompetisie: https://bit.ly/3Lrz897) Jy staan ’n kans om ’n geskenkpak ter waarde van R3 000 te wen (indien jy aan al drie hierdie uitdagings deelneem) of geskenkpakke ter waarde van R500 vir elke individuele uitdaging waaraan jy deelneem.

    Hierdie is week 3 waartydens ons fokus op die plastiekvrye gewoonte om plastiekbekers en -koppies sover moontlik te vermy. Kyk gerus na die video HIER en doen jou deel vir ons mooi aarde: https://bit.ly/3Sqd4Qb

 

  • PLASTIEKVRYE JULIE-KOMPETISIE. Dit is geen geheim dat plastiek God se skepping verniel nie. Dit is lig, maklik en goedkoop om te vervaardig, uiters veeldoelig en daarom baie algemeen beskikbaar. Plastiek neem egter geweldig lank om in die natuur af te breek en is op verskeie vlakke skadelik vir plante en diere. Daarom doen dit enorme skade aan ander lewende wesens op aarde. Getuienisaksie se Taakspan Ekologie daag jou uit om vir die res van die maand ten minste een van die volgende uitdagings te volg:Leef sonder plastieksakke (Week 1)
    Leef sonder strooitjies en plastiekbottels (Week 2)
    Leef sonder plastiekkoppies (Week 3)Jy staan dan ‘n kans om ‘n geskenkpak ter waarde van R3 000 te wen (indien jy aan al drie hierdie uitdagings deelneem) of geskenkpakke ter waarde van R500 vir elke individuele uitdaging waaraan jy deelneem. Lees meer hier oor die kompetisie: https://bit.ly/3Lrz897.Kyk ook na die video oor die uitdaging van
    Week 1: https://youtu.be/c-OCD2cWH-M
    Week 2: https://youtu.be/vjgTaxOHytQ
    Week 3:

 

  • Oordenking en gebed vir Plastiekvrye Julie. Deur die maand Julie neem ons voorraad van al die plastiek wat ons gebruik. Alhoewel die fokus hoofsaaklik op enkelgebruik plastiek is, gebruik ons elke dag plastiek op verskeie maniere. Laat ons dus tydens vanjaar se Plastiekvrye Julie ’n oomblik stilstaan om na te dink oor al die klein besluite wat ons elke dag neem. Oorweeg hoe daardie keuses ’n groot impak buite ons eie lewens het. Gebruik gerus hierdie oordenking en gebed tydens die erediens: https://bit.ly/4cWHSjl.

 

  • In Julie vier ons Plastiekvrye Julie. Kom ons spring sommer weg met  Julie se Internasionale Plastieksakvrye Dag. Dis ’n wêreldwye inisiatief wat daarop gemik is om die gebruik van plastieksakke uit te skakel. Plastieksakke lyk dalk na ‘n gerief vir kruideniersware-inkopies, maar dit plaas ook groot druk op die omgewing met verwoestende gevolge. Kyk ook gerus na ‘n paar nuttige wenke oor hoe ons die gebruik van plastiek drasties kan verminder HIER.

 

  • Hoe gaan dit met jou tydens plastiekvrye Julie? Almal sukkel maar, so moenie sleg voel as jy nie heeltemal plastiekvry kan leef nie. Die Groenspan het egter vir jou ‘n groot uitdaging vir die laaste naweek van Julie.
    Kyk die video om meer uit te vind:https://www.youtube.com/watch?v=HnK4rBjdF6s

 

  • Fay van Eeden, predikant by NG Stellastraat, Pretoria, vertel vir ons meer oor waarom dit belangrik is om Platiekvrye Julie ernstig op te neem en gee ‘n paar nuttige wenke oor hoe ons die gebruik van plastiek drasties kan verminder.
    Kom doen dit SAAM met ons! Kyk na die video HIER. Kyk ook gerus na ‘n paar nuttige wenke oor hoe ons die gebruik van plastiek drasties kan verminder HIER.
  • Ons Groen Span se Samantha Chamberlain van die NG Gemeente Suider-Strand gesels oor goeie alternatiewe vir plastiekstrooitjies en -eetgerei. Sy praat ook oor die nut van ’n eko-vriendelike sakkie wat jy altyd byderhand kan hou en travel mugs. Kry jouself solank gereed vir as die grendels opgelig word en jy weer die Sederberge kan invaar of langs die see kan gaan kamp. https://bit.ly/2N7NsWf

 

  • Marizanne Pfeil, predikant by Hoop Geloofsgemeenskap in Somerset-Wes, gesels oor materiaaloortreksels ipv kleefplastiek oor ‘n bakkie; dis ‘n wenner! Jy spaar plastiek en kan die oortreksels net in die was gooi. Bio-degraderende plastiek is ook ‘n opsie vir die uitsondering. https://bit.ly/2N9fZL7

 

  • Dewald Hoffmann probeer inkopies doen sonder om plastieksakkies te gebruik – nogal ‘n uitdaging! https://bit.ly/3crUMXI

 

  • Janneke Marais, jeug- en maatskaplike werker van die NG Toringkerk in die Paarl, vertel hoe maklik dit is om met plastiekdoppies ‘n rolstoel vir iemand te waarborg. https://bit.ly/3fBfiGO

 

  • Dewald Hoffmann van Gordonsbaai vertel waarom Julie vir sommige mense sinoniem is met die ‘Plastic Free July’-veldtog (https://www.plasticfreejuly.org). Dit is deel van ‘n groter beweging van mense wat ‘n alternatiewe leefstyl van minder verbruik begin aanneem. Sommige bly egter skepties oor die impak wat ons aksies as indiwidue werklik kan hê op die omgewingskrisis: https://bit.ly/30LanOQ

 

  • Dewald Hoffmann van Gordonsbaai verduidelik waarom dit beter is om eerder glas as plastiek te gebruik. In hierdie maand van plastiekvrye Julie doen ons Groen Span ‘n beroep op jou om hierdie maklike nuwe gewoonte aan te kweek en jou glasbottels te hergebruik. Was dit skoon, plak nuwe etikette op en siedaar! Jy het ‘n pragtige nuwe waterbottel of konfytfles – ideaal vir ‘n mooi geskenk of jou eie huishoudelike gebruik: https://bit.ly/2DeJMk0

 

  • Julie, die maand van aktivisme teen enkelgebruik-plastiek. Wil jy ook soms die mure uitklim as jy sien hoe lyndrade en bosse langs die pad besoedeld is met plastieksakke? Die moedeloosheid oorweldig jou, veral as jy sien dat daar diere in die omgewing wei. Maar daar kan iets aan gedoen word, soos in baie van ons Afrika-lande waarvan Kenia ’n baie goeie voorbeeld is. Begin sommer by jouself. Ons almal kan dadelik begin om ’n reuse-verskil te maak deur onmiddellik alle verpakking met enkelgebruik-plastiek te weier. Word ’n aktivis van enkelgebruik-plastiek: https://bit.ly/2TAyYVK