Bestanddele

2 k gaar bruinlensies

1 fyngesnyde ui : gebraai

½ t tiemie (of ander kruie na smaak)

½ t kerriepoeier

1½ t sout

peper

½ k vars broodkrummels of oats

½ k meel

1 eier

3 eetlepels tamatiesous

1 eetlepel  sojasous

1 eetlepel blatjang

 

Metode

Meng goed. Die mengsel is te loperig om met die hand te vorm. Skep dus  lepelsvol  en braai in ‘n bietjie olie.

Ons eet dit met ‘n sous soos tamatie of kerrie, saam met rys of aartappels. Dis ook baie lekker koud met slaaie in die somer of op ‘n broodjie soos ‘n hamburger.

Lewer omtrent 30 kleinerige frikkadelle.

 

Ek kook gewoonlik sommer ‘n hele  pakkie lensies (500 g) in 6 k water saam met ‘n paar lourierblare en ‘n teelepel fyn knoffel – nie sout nie – vir omtrent 45 minute, tot dit lekker sag is en die water weggekook is.  Dit lewer omtrent 6 k gaar lensies. Onthou net om die blare uit te haal voor jy die frikkadelle meng!

Ek verpak dan die lensies in houers met 2 koppies in en vries dit. Dan is dit volgende keer soveel vinniger om die frikkadelle te maak.  Soos jy sal opmerk, ‘n mens kan met die lensies byna net soos met maalvleis werk, jy gebruik maar dieselfde soort geurmiddels.

 

 

Verified by ExactMetrics