Ds Poppie Harmses is op Grootfontein, Namibië gebore en het in Tsumeb grootgeword. Daarna het sy op Grootfontein skoolgegaan, maar as gevolg van probleme is sy weer terug na Tsumeb en het skool na standerd vyf verlaat en op ‘n mielieplaas gaan werk.

Daarna het sy as huiswerker by verskeie mense gaan werk, en daarna eers haar seuntjie vir drie jaar versorg voordat sy in 2008 by mev Amanda (haar van?) se groep aangesluit en (hier is ek onseker oor wat sy bedoel) mense besoek. Sy het toe vir Jesus aangeneem.

Daarna het sy by DEGNOS as skoonmaker en kok begin werk. Daar was verskeie studentegroepe soos die Boesmans, Damaras en Ovambo’s wat by DEGNOS Bybelklasse geneem het, dan het Poppie in die kombuis gewerk en geweet wat die antwoorde was as niemand geweet het nie. So het sy dan dikwels die vrae vanuit die kombuis geantwoord.

Op daardie stadium het sy nog nie die Bybel goed geken nie, maar het toe ingeskryf en die kursus in vyf jaar voltooi. Die kursus was baie lekker maar die skryf van Vrydae se toetse was moeilik!

Modules soos Die vaste fondamente, Gemeentebou en Prediking – al die modules wat vir die kursus nodig was, het ons voltooi. Dit was net die Veritas-kursus wat ons nie gedoen het nie.

Aangesien daar toe nie meer ‘n pastoor beskikbaar was nie – die een wat ons bedien het, is na ander gemeentes toe – was dit nodig dat iemand die leiding tydens eredienste moes neem. Ons ouderling, mnr Claasen het toe vir my gevra om die Woord te bring. Ek kan die Woord lees, maar hoe kan ek dit verduidelik? Ek weet nie hoe dit gebeur het dat die Here my so gehelp het dat ek vandag die Woord kan uitdra nie.

Daarna het ek besluit om na werk daar by dié plek te gaan huisbesoek doen. Aanvanklik was hulle versigtig vir my en moes my leer vertrou. Ek het saam met hulle op die grond gaan sit en met hulle gesels en dan ietsie van hulle gevra om te eet. Dit was my manier om met hulle kontak te maak sodat hulle nie vir my bang sou wees nie.

Toe begin die mense sê dat daar predikers kom, maar nog nooit het mense by hulle kom sit en kuier met die Bybel nie. Sommige mense het gewonder waarom sy elke dag soontoe stap en of sy nie bang is nie, maar Poppie het ‘n sterk behoefte daaraan gehad om hierdie mense te gaan besoek.

Ek het toe begin om vir die mense van die barmhartige Samaritaan te vertel. Hoe jy mekaar moet help en jou naaste moet liefhê. Hulle was so bly, want dit was die eerste keer dat iemand die moeite gedoen het om met hulle vriende te maak en hulle van Jesus Christus te vertel het.

Daarna het ek hulle uitgenooi om ook na my huis toe te kom, wat hulle toe gedoen het. Dis vir my belangrik om na daardie mense toe te gaan wat nog die die Woord gehoor het nie. Dit dryf my.

Poppie doen ook traumaberading. Dit is belangrik om dit saam met die Woord te doen, want die mense sit met die seer en dit moet deurgepraat word met hulp, anders word dit nooit verwerk nie en sal die mense nooit tot bekering kom nie. Op hierdie manier bring jy die mense nader aan die Here, maar dis nie maklik nie.

Ek sal byvoorbeeld die Bybel in Afrikaans lees, maar dit dan in Damara verduidelik, want dan verstaan hulle die Woord beter.

Daar was baie mense wat vir ds Poppie ondersteun het in die jare wat sy studeer het. Haar ma is ongelukkig vier maande voordat sy gelegitimeer is, oorlede. Mettertyd het die seer verdof, want die mense is bly dat sy nou hul predikant is; daar is nou iemand wat vir hulle die Woord van God kan bring, want daar was nooit iemand wat dit gedoen het nie.

Die kerk word gewoonlik om nege-uur Sondagoggende oopgemaak. Dan sing almal lekker saam. Daar is nie aparte stoele nie; ons sit almal saam; ons is almal kinders van die Here. As ons almal klaar gesing en gebid het, sal ek vir hulle uit die Woord lees. Daarna sal Attie, Poppie se man, die preek doen.

Hul gemeente se naam is NG Wildevy. Poppie se droom vir hul gemeente is om verder uit te reik om die evangelie te verkondig. Ons moet nie net ons eie denominasies bedien nie, maar ons koet almal bymekaarbring. Mense moet ervaar dat hulle nie uitgesluit word nie, maar dat almal welkom is. Ons moet die Woord vir almal gee. Ons moenie mense dreig met bekering nie, maar net die Woord bring. Die Gees van God sal Self in die mense werk en hul harte aanraak. Daar is nog baie mense wat die Woord moet hoor. Ons moet ook daaraan dink om so gou moontlik ‘n ouderling te kry by …. onseker oor wt die naam van die plek is.