‘n Mediese student besig om ‘n kind te weeg.

 

Op Sondag 26 November vertrek daar 75 studente vanaf Tygerberg op hul jaarlikse uitreik na Pomeroy in Msinga KwaZulu-Natal. Hulle sal daar wees tot 8 Desember.

Die doel van hul uitreik is om met ons mede-gelowiges daar te gaan hande vat met wie hulle al ‘n meer as 40-jaarlange verhouding opgebou het.

Tydens hul uitreik fokus hulle veral op jeug-, vroue- en kinder-bediening, asook evangelisasie, mediese dienste en -inligting en bou- en herstelwerk aan kerkgeboue.

Lees gerus meer oor die uitreikspan HIER.