“Die grootste sondebokke hiervan is deodorant, sonskermmiddels, skeermiddels, haarsproei en gesigsmaskers. Produkte wat dit nie bevat nie, sal duidelik as micro plastic free op die etiket geïdentifiseer kan word. Let ook op na die woord, poly in produkte, wat sintetiese materiaal is.”

Anneke Groenewald
Lid van ons Groenspan

______________________________________________

 

Op Maandag 22 April vanjaar vier ons Aardedag. Anneke vertel meer:

“Een van die mees ambisieuse ekologieprojekte wat nog ooit aangepak is, is die Planeet versus Plastiek 60 X 40-projek. Die doel daarvan  is om plastiek teen 2040 met 60% te probeer verminder.

“Het jy geweet byvoorbeeld geweet dat al daardie tonne plastiek wat op die aarde en in die see sigbaar is, is net 1% van die totale plastiekbesoedeling uitmaak? Die ander 99% is onsigbaar en word mikro-plastiek genoem.

“Mikro-plastiek is stukkies plastiek wat kleiner as 5mm in deursnee is en sluit deeltjies in wat mikroskopies klein is. Vir baie lank was ons salig onbewus van die teenwoordigheid van hierdie klein stukkies plastiek.

“In die 1970’s is mikro-plastiek vir die eerste keer in oseane waargeneem, maar dit was eers in
ongeveer 2004, dat dit in ‘n publikasie beskryf is en ‘n naam daaraan gegee is.

“Die oorsprong van mikro-plastiek, is tweeledig. Die primêre oorsprong daarvan is wanneer dit vervaardig word. Dit word byvoorbeeld gebruik in kosmetiese ware vir die afskilfering van die vel, om volume toe te voeg tot die produk of om die raklewe te verleng. Dit word ook algemeen gebruik in huishoudelike skoonmaakmiddels soos kombuisreinigers, opwasmiddel en politoer. Sintetieese stowwe waarvan klere gemaak word, soos poliëster en nylon, bevat dit ook.

“Alhoewel daar natuurlike produkte is wat net so effektief gebruik kan word, is mikroplastiek goedkoper om te vervaardig en word dit toenemend gebruik.

“Die sekondêre oorsprong van mikro-plastiek is wanneer groter plastiekitems, deur verwering in die son of see afgebreek word. Wanneer hierdie produkte dus gebruik word, beland dit in die afvoerpype na die grondwater en beland en uiteindelik in die see. Op land word dit deur die wind versprei.

“Plastiek is oorspronklik as ‘n wonderlike uitvinding beskou; hoofsaaklik vanweë die duursaamheid daarvan. Hierdie selfde duursaamheid, is egter nou die rede waarom dit besig is om ons planet stelsematig te vernietig.

“Mikroskopiese plastiekdeeltjies is al in alle organe van die mens en dier ontdek, tot in die brein. Baie navorsing word gedoen om te bepaal watter uitwerking dit op organismes het, en daar is by alle kredietwaardige navorsingsinstansies ooreenstemming dat dit dringend bekamp moet word.

“So, hoe weet jy watter produkte is sleg vir ons planeet en wat is aanvaarbaar? Daar is eintlik maar net een manier, en dit is om die bestanddele en etikette op die produkte te lees.

“Die grootste sondebokke hiervan is deodorant, sonskermmiddels, skeermiddels, haarsproei en gesigsmaskers. Produkte wat dit nie bevat nie, sal hulself duidelik identifiseer as micro plastic free. Let ook op na die woord, poly in produkte, wat sintetiese materiaal is.”