‘n Groepsfoto van diegene wat die werkswinkel bygewoon het.

 

“If we aim to transform Malawi into a force for missions, it’s imperative not only to train churches in sending missionaries but also in caring for them throughout their journey: from preparation to departure, their time on the field, and their return home. Therefore, there’s a pressing need for more Member Care workshops with the guardians/gatekeepers of the Malawian church.”

Ds. Alexander Mfune
Direkteur van die Sending Departement, CCAP Nkhoma Sinode

_______________________________________

In VrydagNuus van 16 Februarie 2024 het Marina Prins, direkteur van Member Care Southern Africa, (MCSA) in die berig Afrika nie meer sendingveld, maar sturende kontinent, genoem van die Member Care Werkswinkel wat in Maart in Lilongwe aangebied sou word. Dit is gereël deur die Malawi Mission Initiative (MMI) wat deel is van die Evangelical Association of Malawi (EAM) in samewerking met die Society for International Ministries in Malawi (SIM) en MCSA.

 

Marina gee die volgende terugvoer oor die werkswinkel:

“Ek het die voorreg gehad om vanaf 18-22 Maart 2024 hierdie werkswinkel te fasiliteer. Dit is bygewoon deur 20 kerk- en organisasie-leiers vanuit verskillende streke van Malawi en het plaasgevind by Mukani Sentrum (FTS Ministries) net buite Lilongwe. ’n Member Care-leier van Mission Campaign Network (MCN) in Kenia het ook die werkswinkel bygewoon.

“Die doel van die werkswinkel was eerstens om die Bybelse fondasie van Member Care en die noodsaaklikheid daarvan te bespreek. Dit is gedoen in die konteks van sommige Malawi-gemeentes en organisasies wat reeds sendelinge uitgestuur het of die erns hiervan besef het en sendelinge wil begin uitstuur. Die rol van die kerk in Member Care en die uitdagings daar rondom is in diepte bespreek en daar is saam na oplossings gesoek in groepbesprekings.

“Daar is ’n groot behoefte aan gekontekstualiseerde Member Care-materiaal om die unieke uitdagings van sendelinge van Afrika aan te spreek. Die meeste Member Care-materiaal is vanuit ’n Westerse perspektief geskryf. Daarom was my fokus met die skryf van die werkswinkelmateriaal juis op hierdie unieke aspekte. Tydens die werkswinkel het ons gefokus op ’n  gekontekstualiseerde Member Care-model vir Afrika, die rol wat die uitgebreide familie in die sendeling se lewe en bediening speel, asook aspekte soos fondswerwing en kruis-kulturele opleiding en die belangrikheid daarvan, ook vir sendelinge wat kruis-kultureel binne hul eie lande werk. Ek is veral getref deur die leiers se entoesiasme oor sending, maar ook hulle openheid om oor uitdagings te gesels.

“Aan die einde van die werkswinkel is daar ’n Member Care Taakspan gekies wat verdere opvolgwerk sal doen. Daar is ’n behoefte uitgespreek vir die aanbied van soortgelyke werkswinkels. Ds. Francis Mkandawire, die algemene sekretaris van die EAM het my gevra om verder behulpsaam te wees met die aanbieding van werkswinkels asook met die breër ontwikkeling van Member Care in die EAM. Ds Mkandawire het die werkswinkel amptelik geopen en afgesluit.”

Ds Mkandawire oorhandig die werkswinkel-sertifikaat aan ds Mfune. Marina Prins staan heel regs.

 

Ds. Alexander Mfune wat saam met sy gesin vir 9 jaar as sendelinge in Mosambiek gewerk het en wat tans die direkteur van die Sending Departement van Nkhoma Sinode is, skryf as volg: “After attending the Member Care consultative workshop from 18 to 22 March, tears streamed down my face. I had just experienced one of the most pivotal workshops concerning mission work in Malawi. If we aim to transform Malawi into a force for missions, it’s imperative not only to train churches in sending missionaries but also in caring for them throughout their journey: from preparation to departure, their time on the field, and their return home. Therefore, there’s a pressing need for more Member Care workshops with the guardians/gatekeepers of the Malawian church. Member Care isn’t merely a one-time display of compassion; it’s a vital ministry for any church involved in sending missionaries.”

’n Ander leier skryf: “Please arrange more workshops like this one. Thank you for allowing yourself to be used by God. I was deeply blessed and have gained a wealth of information about missions. I feel enlightened and empowered. I pray for God’s guidance as I strive to fulfill the Great Commission.”

Marina vertel verder: “Persoonlik was dit vir my ’n besondere voorreg om die ‘eerste van sy soort’-werkswinkel juis in Malawi aan te bied waar ek self as sendeling op Nkhoma gewerk het. Ek het ook met groot waardering aan Braam Willemse gedink. Hy, sy vrou Marianne, en hul gesin het ook in Malawi gewerk en saam het ons in 1999 Member Care Southern Africa gestig. Braam (wat in 2001 oorlede is) se passie was dat meer en meer kerke sendelinge sou uitstuur en ek kon maar net dink hoe opgewonde hy sou gewees het oor hierdie werkswinkel en Malawi-kerke se betrokkenheid. Een van die leiers wat bygewoon het, het Braam persoonlik geken. Ek kon ’n kopie van die boek wat Braam en ek saam geskryf het oor die versorging van sendelinge aan hom gee.

“Aan die Here al die Eer vir hierdie werkswinkel!”

_______________________________

Kontak Marina Prins by prinsmarina@gmail.com vir meer inligting.