“Die afgelope tyd is daar baie oor missionale kerkwees en missionale gemeentes gepraat. As gevolg van baie gesprekke het ons besluit om die lig so ’n bietjie op die praktyk van ons getuienistaak in die wêreld te laat val. Vanaf Vrydagaand 12 Julie tot Saterdag 13 Julie is daar ’n baie geseënde Sendingkonferensie by die NG Kerk Pellissier in Bloemfontein aangebied,” vertel dr Nico Mostert, direkteur van Vennote in Getuienis van die NG Kerk Vrystaat.

Die tema van die konferensie was ’n Venster op God se Wêreld met die volgende drie sprekers: Mike Burnard (konsultant van dia-LOGOS) wat sessie een aangebied het, dr Stéphan van der Watt (Missie Japan) wat verantwoordelik was vir die aanbieding van sessie twee en laastens dr Nico Mostert wat die derde sessie aangebied het.

Lees meer oor die aanbieding van sessie een HIER.