Die 27ste algemene vergadering van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke (WGGK) het in Chiang Mai, Thailand afgeskop met ’n vurige soeke na God se wil. Afgevaardigdes het ’n vlugtelinggemeenskap in Mao Sot besoek, waar geloof, gasvryheid en hoop teen die agtergrond van geweld floreer. Jongmense daar droom van onderwys en ’n beter toekoms.
Dr. Setri Nyomi het die wêreldwye uitdagings uitgelig wat vra vir die profetiese stem van ’n ekumeniese kerk, terwyl die beweging se ritme bepaal is deur vier kernwoorde: onderskei, bely, getuig, reformeer. Die NG Kerk stap saam in hierdie momentum.
Sondag het afgevaardigdes 42 eredienste in Chiang Mai bygewoon, ‘n lewende getuienis dat God se kerk nie aan taal, land of kultuur gebonde is nie.