Dis Maandagmiddag en ek is besig om by my hospitaal se spoedgevalle die lang lys van pasiënte weg te werk. Dis warm en pasiënte en dokters is almal gefrustreer aan die einde van die dag; maar dan lui ook nog my selfoon. Ek sien dadelik dat dit
´n oproep van ons spanleier in Mosambiek. As Taimon probeer skakel dan weet mens daar is fout. Dadelik laat weet hy dat die kliniekbakkie nie verder wil ry nie. Die kar staan in die bos, saam met die res van de mediese span. Hy het self saamgery met ´n motorfietsie tot aan die dorp Nsembese, aan die hoofpad waar hy bereik het om ´n oproep te maak. Terwyl Taimon met my praat, is die span in die bos besig om te probeer kontak maak met mense op die Chiandame sendingspos.

Wonder bo wonder kry hulle ´n plek waar daar bereik is en hoor by hulle dat ´n Zimbabuaanse motorwerktuigkundige, Abel, toevallig hom tans in Nsembese begeef. Die plek waar Taimon toe is. Hulle kon vir Abel vra om saam die 20 km die bos in te gaan om te sien wat fout is. Die diagnose is ´n foutiewe koppelaar-silinder en Abel het vir ons drywer goed verduidelik hoe hy tot by die huis kan kom sonder om verdere probleme te veroorsaak. Die volgende dag het ons noodplan ingegaan. ´n Spaarbakkie wat op Chiandame sendingsstasie staan, wat bedoel is vir dié soort van noodgevalle, is toe vir die eerste keer gebruik om in te staan, terwyl ons bakkie vir onderdele wag. Belangrik is dat die klinieke voortgesit kan word!

Vrydagmiddag kry ek ´n beriggie van Abel, die motorwerktuigkundige, wat uit sy eie, 200 km afgereis het na Tete-stad, waar hy gelukkig die regte parte kon kry. Terug in Chiandame, kon hy dadelik de nuwe parte insit. Dis Vrymiddagmiddag, ek is nou besig met werksaamhede op my stukkie land en hoor hoe ´n beriggie op my selfoon binnekom: “Afternoon sir? I went to Tete I manage to find the part, I buy it now I am in Chianame I fix it.”

Wie sê, Engele bestaan nie?