Gesonde trooskos vir die winter – Tydens somer is ons vol energie en het ons moed om heerlik kos te maak en te eksperimenteer. As die winter kom, wil ons egter so vinnig moontlik warm kos kry om weer terug onder die komberse in te klim. Dit is gewoonlik tydens winter wat ons dan die meeste wegneemetes of reeds gaargemaakte kos by die winkels kry om die kosmaakproses so vinnig moontlik te laat verloop. Hoe kan ons in hierdie tyd egter ’n ekologiese bydrae lewer om by te dra tot volhoubaarheid, deur self te kook en gevolglik ook minder verpakking (bv met wegneemetes) te gebruik? Marizanne Pfeil-Wessels van ons Groenspan bederf ons hierdie week met vier heerlike trooskosresepte vir die winter met bestanddele wat meestal reeds in jou spens is. Lees meer HIER.
Vleislose Maandae. Dalk voel jy diep geraak deur die ekologiese uitdagings van ons tyd en wonder jy dikwels wat gedoen kan word wat ‘n onmiddellike positiewe effek sal hê. Begin deur net een dag van die week vleis uit jou maaltye te sny. Dit sal sommer ‘n verligting aan jou beursie ook bring! Ons Groenspan sal jou hiermee help deur jou weekliks van ‘n lekker vleislose resep te voorsien. Geniet vandag hierdie slaai met patats en bros kekerertjie – ‘n hele maaltyd op sy eie!
Marizanne Pheil en Fay van Eeden se gunsteling minder-plastiek resepte vir die vakansie en Kersdag kan HIER gelees word.